'n Kritiese analise van terminologiebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Hierdie studie gee rekenskap van die vernaamste Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme. Spesifieke aandag word gegee aan die beskikbaarheid / toeganklikheid van hierdie programme se terminologiese hulpbronne vir taalgemeenskappe. Die kennisgebaseerde benadering tot terminologie (Eng: knowledge-based approach to terminology) word as teoretiese raamwerk vir die betrokke studie gebruik. Aspekte wat spesifiek in hierdie literatuurstudie bespreek word, is eerstens ’n oorsig van taalbeleid en taalbeplanning as instrumente in ’n proses van taalpolitieke verandering. Daar word verwys na Suid-Afrika se nasionale taalbeleidsraamwerk, die taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings en taalbeplanning wat op verskillende vlakke uitgevoer kan word. Die bespreking sluit ook die verskillende fases in waarvolgens ’n terminologiebeleid ontwikkel word. In die tweede plek word verskillende aspekte van terminologiebestuur bespreek. Daar word aandag gegee aan terminologiebestuur wat binne verskillende kontekste vir verskillende doeleindes uitgevoer kan word. Die profiel van die teikengebruiker van ’n terminologiese produk, die nuutste moontlikhede wat tegnologiese ontwikkeling binne terminologiebestuur bied en ’n algemene werkvloeidiagram vir terminologiebestuur vorm deel van hierdie bespreking. In die derde plek word ’n kritiese oorsig gegee oor die vernaamste internasionale terminologiebestuursprogramme wat maklik toeganklik is, gevolg deur ’n kritiese bespreking van die vernaamste Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme. Die laaste aspek wat hierdie studie ondersoek, is tot watter mate die nasionale platform The South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR) gebruik kan word vir die koördinering van terminologiese hulpbronne.
Description
Thesis (PhD (Humanities))--University of Pretoria, 2024.
Keywords
UCTD, Terminologiebestuur, Oopbronterminologiese hulpbronne, Kennisgebaseerde benadering tot terminologie, Terminologiese databasisse, Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme
Sustainable Development Goals
Citation
*