Die finansiering van die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Die ondersoek het bewys dat die kapitaalstruktuur
van die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf in bre~ trekke
wel aan teoretiese finansieringsbeginsels en -vereistes
voldoen. Daar skyn egter regverdigiging voor te wees
om van meer leningskapitaal in die finansiering van
goudmyne gebruik te maak. In hierdie verband wil dit
voorkom of obligasies 'n belangriker rol behoort te speel
terwyl daar minder op eie middele staatgemaak moet word vir
die ontwikkeling van jong myne. Die terughou van winste
moet op 'n later stadium gebruik word om obligasies af te
los en sodoende die leningskapitaal met eie kapitaal te
vervang. Die besondere aard van gouddraende ertsriwwe in
Suid-Afrika en die unieke rol wat deur die mynhuise in die
Unie gespeel word, veroorsaak dat die werklike risiko
verbonde aan die goudmynbou alhier gering is. Daarby
maak toegewings in die belastingstelsel van toepassing op
goudmyne dit moontlik vir hierdie ondernemings om groot
bedrae gedurende die beginjare van produksie uit winste vir
die terugbetaling van lenings aan te wend.
Description
Dissertation (MCom)--University of Pretoria, 1959.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Stals, CL 1959, Die finansiering van die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf, MCom Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/81703>