Varsgebek : ’n Gebruiksgebaseerde studie van nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkings

dc.contributor.advisorPilon, Suléne
dc.contributor.emailu18026436@tuks.co.zaen_US
dc.contributor.postgraduateOerlemans, Anriné
dc.date.accessioned2024-07-10T08:36:39Z
dc.date.available2024-07-10T08:36:39Z
dc.date.created2024-09
dc.date.issued2024
dc.descriptionDissertation (MA (Applied Language Studies))--University of Pretoria, 2024.en_US
dc.description.abstractDaar word dikwels beweer dat Afrikaanse mense nie meer van idiome (en ander vaste uitdrukkings) in hul skryf- en spreektaal gebruik maak nie. Hierdie studie poog om hierdie bewering te ondersoek deur vas te stel wat die gebruiksfrekwensie van ʼn aantal nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkings is. Die nuwe vaste uitdrukkings wat ondersoek is, is afkomstig uit inskrywings wat in 2016 en 2017 voorgelê is vir die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA) se Varsgebek-kompetisie. Daar is ook ondersoek ingestel na die semantiese velde waarin hierdie nuwe vaste uitdrukkings aangetref word in ʼn poging om vas te stel of Afrikaanssprekers in 2024 ander semantiese velde gebruik wanneer uitdrukkings geskep word as wat in die verlede, circa 2000, die geval was. Alvorens daar op die nuwe uitdrukkings gefokus kon word, is daar eers ʼn terminologietaksonomie opgestel om (a) die vaste uitdrukkings in die Varsgebek-data te identifiseer, en (b) die geïdentifiseerde uitdrukkings verder in subkategorieë te kon klassifiseer. Die studie bevind eerstens dat daar baie terminologiese verwarring in die literatuur oor vaste uitdrukkings bestaan en daar word stelle kriteria gepostuleer waarmee daar tussen verskillende tipes vaste uitdrukkings onderskei kan word. Daarna word die Varsgebek-data geanaliseer en daar word bevind dat 33 uitdrukkings meer as een keer (en dus met ʼn relatief hoë frekwensie) in twee Afrikaanse korpora, naamlik VivA se Korpuspotaal: Omvattend en Korpusportaal: Eksklusief voorkom. Die semantiese velde waarin hierdie 33 uitdrukkings aangetref word, word geïdentifiseer en daar word bevind dat hierdie nuwe uitdrukkings behoort tot semantiese velde wat al in die verlede geïdentifiseer is as die semantiese velde waaruit gevestigde Afrikaanse uitdrukkings kom. Dit blyk dus dat daar, ten minste wat die Varsgebek-data betref, van dieselfde semantiese velde as in die verlede gebruik gemaak word wanneer nuwe Afrikaanse uitdrukkings geskep word.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.degreeMA (Applied Language Studies)en_US
dc.description.departmentAfrikaansen_US
dc.description.facultyFaculty of Humanitiesen_US
dc.identifier.citation*en_US
dc.identifier.doi10.25403/UPresearchdata.26210576en_US
dc.identifier.otherS2024en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/96882
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectIdiomatiese taalgebruiken_US
dc.subjectAfrikaansen_US
dc.subjectVarsgebeken_US
dc.subjectIdiomeen_US
dc.subjectSpreekwoordeen_US
dc.subjectSemantiese veldeen_US
dc.subjectUCTD
dc.subject.otherSustainable Development Goals (SDGs)
dc.subject.otherSDG-04: Quality education
dc.subject.otherHumanities theses SDG-04
dc.subject.otherSDG-11: Sustainable cities and communities
dc.subject.otherHumanities theses SDG-11
dc.titleVarsgebek : ’n Gebruiksgebaseerde studie van nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkingsen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Oerlemans_Varsgebek_2024.pdf
Size:
5.67 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: