Grammar of the pronouns in SiSwati
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
The main aim of this investigation is to give a detailed
description of the morphology, the syntax and finally the
semantic function of the different pronouns found in
siSwati. Before this is done (in Chapters 2 - 4) the
modern and traditional views regarding pronominalisation
in the Bantu languages are analyzed and evaluated (in
Chapter 1). It is concluded that the traditional view
which regards the so-called pronouns in the Bantu
languages and in siSwati in particular as words that
replace nouns in sentences is unfounded and that the
basic function of these words is, in fact, that of
nominal determiners and that they become pronouns only
when the nouns have been omitted in discourse.
In chapters 2 - 4 the morphological structure of the
different kinds of pronouns in siSwati is analyzed. In
the case of the demonstratives the conflicting views
concerning the assumed structure of these pronouns are
examined and evaluated. It is concluded that the
assumption that these words are formed by means of noun
class prefixes is unjustified and that they, in fact, are
formed by means of agreement morphemes.
An analysis of the semantic features of the pronouns has
inter alia revealed that the so-called absolute pronouns
have a dual semantic function depending on whether they precede or follow their coreferent noun. When they
appear in post-nominal position they serve to contrast
their coreferent noun whilst they emphasize their
coreferent noun when they appear in pre-nomonal position.
In addition to the morphological and semantic description
of the different kinds of pronouns a detailed description
of their syntactic features is also given.
In the final Chapter the focus falls on the concordial
system in the Bantu languages. The chapter ends with a
brief outline of certain prominent views concerning the
possible historical development of agreement in the case
of subjects, objects and adjectives in the Bantu
languages.
Afrikaans: Die vernaamste doel van hierdie ondersoek is om ·n gedetailleerde beskrywing van die morfologie, die sintaksis en laastens die semantiese funksie van die verskillende soorte voornaamwoorde in siSwati te gee. Alvorens dit gedoen word (in hoofstukke 2 - 4), word die tradisionele en moderne beskouings omtrent pronominalisasie in die Bantoetale eers in oenskou geneem en ook geevalueer (hoofstuk 1). Dit word gekonkludeer dat die tradisionele beskouing ingevolge waarvan die sogenaamde voornaamwoorde beskou word as woorde wat naamwoorde in sinne verplaas ongegrond is en dat die basiese funksie van hierdie woorde in feite naamwoordelike bepalers is en dat hulle slegs voornaamwoordelik raak wanneer die naamvoord waarmee hulle korefereer uit die diskoers weggelaat word. In hoofstukke 2 - 4 word die morfologiese struktuur van die verkillende soorte voornaamwoorde in siSwati geanaliseer. In die geval van die demonstratiewe word teenstrydige standpunte omtrent die veronderstelde morfologiese samestelling van hierdie voornaamwoorde ondersoek en geevalueer. Die gevolgtrekking word gemaak dat hierdie woorde nie met behulp van klasprefikse gevorm word soos wat sommige grammatici te kenne gee nie maar met behulp van kongruensie morfeme. Die ontleding van die semantiese kenmerke van die voornaamwoorde het ender meer aan die lig gebring dat die sogenaamde absolute voornaamwoorde ·n dubbele semantiese funksie het afhangende daarvan of hulle die naamwoord waarmee hulle korefereer volg of dit voorafgaan. Wanneer hierdie voornaamwoorde postnominaal optree kontrasteer hulle die betrokke koreferente naamwoord en wanneer hulle prenominaal optree emfatiseer hulle hierdie naamwoord. Bo en behalwe die morfologiese en semantiese beskrywing van die verskillende soorte voornaamwoorde word ook n gedetailleerde beskrywing van hulle sintaktiese kenmerke gegee. In die laaste hoofstuk val die soeklig op die konkordiale sisteem in die Bantoetale en die rol wat dit in die pronominalisasieproses in hierdie tale speel. Daar word gekonkludeer dat die werklike voornaamwoorde in die Bantoetale die kongruensie of sogenaamde konkordiale morfeme is. Die hoofstuk word afgeeindig met 'n bondige uiteensetting van enkele prominente beskouings oor die moontlike historiese ontwikkeling van kongruensie in die Bantoetale met besonder verwysing na die ontwikkeling van onderwerp- en voorwerpkongruensie asook kongruensie in die geval van adjektiewe. Die ontleding van die semantiese kenmerke van die voornaamwoorde het ender meer aan die lig gebring dat die sogenaamde absolute voornaamwoorde ·n dubbele semantiese funksie het afhangende daarvan of hulle die naamwoord waarmee hulle korefereer volg of dit voorafgaan. Wanneer hierdie voornaamwoorde postnominaal optree kontrasteer hulle die betrokke koreferente naamwoord en wanneer hulle prenominaal optree emfatiseer hulle hierdie naamwoord. Bo en behalwe die morfologiese en semantiese beskrywing van die verskillende soorte voornaamwoorde word ook n gedetailleerde beskrywing van hulle sintaktiese kenmerke gegee. In die laaste hoofstuk val die soeklig op die konkordiale sisteem in die Bantoetale en die rol wat dit in die pronominalisasieproses in hierdie tale speel. Daar word gekonkludeer dat die werklike voornaamwoorde in die Bantoetale die kongruensie of sogenaamde konkordiale morfeme is. Die hoofstuk word afgeeindig met 'n bondige uiteensetting van enkele prominente beskouings oor die moontlike historiese ontwikkeling van kongruensie in die Bantoetale met besonder verwysing na die ontwikkeling van onderwerp- en voorwerpkongruensie asook kongruensie in die geval van adjektiewe.

Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1995.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Zwane, NB 1995, Grammar of the pronouns in SiSwati, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/81031>