Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 14 of 14
  • Item
    Flemish art theory in the second half of the 17th century : an investigation of an unexploited source
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) De Villiers, E.S.
    "The Golden Cabinet Of The Noble And Liberal Art Of Painting" was written in Flemish shortly before 1661 by the Antwerp rederijker, Cornelius de Bie. In this article it is discussed for the first time in the context of its position in the history of Netherlandish art theory. The tract follows more or less traditional lines concerning theory about Imitation and Art Education as well as in the application of art theoretical jargon in assessing paintings. It contributes, however, in its extension of the notion of "ut pictura poesis" to the art of architecture. Its greatest contribution is made in its recognition and upgrading of various genres of painting previously regarded as inferior.
  • Item
    Creatures with tusks in the rock paintings of Southern Africa
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Woodhouse, Herbert Charles, 1919-2011; Van den Berg, Dirk Johannes
    From time to time writers on the rock paintings of South Africa have drawn attention to the depiction of tusks on animals that do not have them in real life and also to tusks on snakes and therianthropic figures. The known examples are collated and tabulated together with a brief description of the main features of the printed contexts in which they appear. The relevant zoology and ethnography are examined and two possible hypotheses for the meaning of the tusks are considered as a basis for future study of this interesting artistic phenomenon.
  • Item
    South African rock art abroad
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Van der Walt, H.M.; Van den Berg, Dirk Johannes
    Little is known about the pieces of South African rock art in collections overseas. This article offers the results of an intensive search for such examples worldwide. The information is given in tables in the Addendum and is proceded [preceded] by concise biographical notes on the collectors (often travellers) of rock art. The information for this article was obtained in the course of the research for the bibliography project on rock art with which the author is associated.
  • Item
    Vorm-funksie-verband van Hindoetempels in Johannesburg
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Schmidt, Leoni; Van den Berg, Dirk Johannes
    In hierdie artikel word daar gekonsentreer op die beskrywing en interpretering van twee Hindoetempels in Johannesburg. Die twee tempels is geselekteer vir bespreking as synde verteenwoordigend van alternatiewe in die vorm-funksie-verband van Hindoetempels in die betrokke omgewing. Hierdie alternatiewe word uitgelig aan die hand van 'n metodologiese kategorieeskema wat fisiese, psigiese, sosiale, kulturele en religieuse koordinate bevat.
  • Item
    J.H. Pierneef - etser en houtsneekunstenaar
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Marais, M.M.S.; Van den Berg, Dirk Johannes
    In hierdie artikel word aandag gegee aan die karakter van die kunstenaar J.H. Pierneef se grafiese werke. As etser is Pierneef betreklik onbekend. Daar word verwys na verskeie voorbeelde van die kunstenaar se werk in die medium. Daar word ook kortliks verwys na die karakter van sy linosnee en hoe dit met sy skilderkuns verband hou.
  • Item
    Simboliek van 'n kunstenaarskap
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Van der Merwe, T.; Engel, E.P.
    Oenskynlik lyk Preller se "Morning Glory" na 'n tradisionele stillewe. Formeel en ikonografies gesien is daar egter begripsmatige inkonsekwensies in die werk wat slegs struktureel-simbolies verstaan kan word.
  • Item
    Raamwerk vir interkulturele en interdissiplinere perspektiewe op kunsgeskiedenis
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Heidema, Johannes
    Uitgaande van twee universele dimensies van die bestaan, naamlik individualiteit en gemeenskaplikheid, word 'n strukturele model van die bestaan van enige entiteit geponeer. Deur die model op die bestaan van 'n werk as betekenisdraer toe te pas, word 'n strukturele model van betekenis verkry, wat vier gelykwaardige en samehangende aspekte van betekenis artikuleer: as betekenisdraer is 'n werk tegelykertyd teken, indruk, uitdrukking en matrys. In 'n spesifieke werk of kultuur se realisering van die algemene betekenisstruktuur, kan die vier pole differensieel klem ontvang, waarmee 'n raamwerk voorsien is om hermeneuties die betekenisprofiele van werke, oeuvres, style, tydperke en kulture te ondersoek deur achronies, sinchronies, diachronies en vergelykend te werk te gaan. Die raamwerk vir denke oor bestaan en oor beteken open ook interdissiplinere perspektiewe op Kunsgeskiedenis, aangesien dit 'n aantal interdissiplinere modelle wat hul waarde vir die Kunsgeskiedenis reeds bewys het, gevoeglik kan akkommodeer, o.a. deur hulle so te artikuleer dat hul strukturele kongruensie met die raamwerk en met mekaar duidelik relief kry.
  • Item
    Samevatting van die simposium : kunsgeskiedenis in die Suider-Afrikaanse konteks (RAU, 15 Augustus 1986)
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1986-08-15) Schmidt, Leoni
    Samevatting van 'n simposium oor kunsgeskiedenis in die Suider-Afrikaanse konteks, gehou by die Randse Afrikaanse Universiteit (R.A.U.) op 15 Augustus 1986.
  • Item
    Diakroniese, sinkroniese en perkroniese aspekte van die kunshistoriese simboolhermeneutiek : die simptoom van Panofsky
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Van den Berg, Dirk Johannes
    Onduidelikhede in die veld waarin die 'simbool' en 'simptoom' in die ikonologie van Panofsky optree, is die uitgangspunt van 'n ondersoek waarin getrag word om enkele metodologiese probleemvelde in die kunshistoriese simboolhermeneutiek bloot te le. 'n Speelse parodie-uitleg, met latere korreksies, van 'n 16de-eeuse skildery word gebruik om die kategoriee en gerigtheid van die Panofskiaanse metodologie aan die orde te stel. Vrae omtrent die vooronderstellings van die wyse waarop die ikonoloog die kunshistoriese diakronie rekonstrueer, lei tot die probleem van die noodsaaklikheid dat diakronies-gedifferensieerde simboliseringstipes en -kontekste in 'n simboolteorie verreken word. Agter die skynbare diakroniese neutraliteit van die simptoombegrip verberg Panofsky 'n laat-rasionalisties bevooroordeelde simboolopvatting. Oorweging van 'n moontlike sinkroniese verband tussen die Panofskiaanse ikonologie, die filosofiese neo-idealisme en "fin-de-siecle" simbolisme, lei tot nadenke oor die problematiese woord-beeldverhouding geimpliseer deur die estetiese outonomie van die moderne simboolbegrip. Die hipotese dat beide abstrakte simboolteoriee en konkrete artistieke simboliseringsprosesse wereldbeskoulike raamwerke en tradisies van 'n perkroniese tipologie vertoon, bring die konsekwensie mee dat die kunshistorikus deur die simboolopvatting waarby hy aansluit, gepredisposisioneerd is ten gunste en ten koste van bepaalde kunswerke en stylkenmerke.
  • Item
    Enkele tendense in kunshistoriese navorsing in Suid-Afrika
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Van der Waal, Gerhard-Mark
    As vertrekpunt vir 'n moontlike bree oorsig van die groei van Kunsgeskiedenis in Suid-Afrika, bied hierdie artikel enkele bevindings op grond van die gelewerde formele studies oor die afgelope vyftig jaar. Aan die hand van syfers word opvallende tendense in die studies aangetoon, wat verdere besinning regverdig, veral teen die agtergrond van die huidige maatskaplike veranderings. In die eerste plek blyk dit dat groter aandag aan die bekendstelling van die navorsingsbevindings gegee kan word. Tweedens is die verhouding van teoretiese studies ten opsigte van ondersoeke oor kunswerke besonder hoog, veral op die gebied van beeldende kuns. By hierdie deeldissipline is die voorkeur vir nie-Suid-Afrikaanse onderwerpe ook opmerklik. In die algemeen kom dit voor asof ten minste tot onlangs, konvensionele onderwerpe en veral die wat op tegniese aspekte fokus, wye belangstelling gewek het. Die nuutste metodologiese benaderings het nog nie behoorlik in die vakgebied posgevat nie. Die omstandighede waarbinne kunshistorici leef, sal ongetwyfeld tot koersaanpassings lei in die tendense wat vir vyftig jaar gegeld het.
  • Item
    Paradigmatiese verskuiwings in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedskrywing
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987) Hagg, Gerard
    Twee kunshistoriese metodes word bespreek. "Kanonisering" beklemtoon die kunstenaar as geisoleerd van sy omgewing en as 'n voorbeeld van ideologiese of estetiese voorkeure van groepe wat strewe na dominansie. Coert Steynberg word getoon as verteenwoordigend van die Afrikaner-nasionalisme en Edoardo Villa as verteenwoordiger van die moderne kunswereld. "Kontekstualisering" wat die verband tussen die kunstenaar, die kunswerk en die samelewing waarbinne die werk gemaak en ontvang is, beklemtoon, word as 'n moontlike alternatief aangebied. Dit impliseer 'n rekonstruksie van paradigmas en normsisteme wat gemeenskaplik is aan beide die kunswerk en die samelewing.
  • Item
    Opleiding van argitektuurhistorici in Suid-Afrika
    (Art Historical Work Group of South Africa, 1987-06) Mare, Estelle Alma
    Die problematiese aard van argitektuur in Suid-Afrika wat in 'n krisis- en oorgangsfase verkeer, moet nagegaan word, want met die oog op die toekoms sal die praktyk deurslaggewend wees vir navorsers. Voorlopig sou mens kon konstateer dat die basis van toekomstige opleiding van argitektuurhistorici Europees behoort te wees, vanwee ons gebrek aan 'n grondige tradisie van argitektuurgeskiedenis. Dan sal ons ook nou moet besin oor 'n nuwe blik op ons argitektoniese erfenis en diegene wat dit as hulle taak sien om die beboude omgewing van tans te evalueer, sal moet besin oor aktualiteite op alle vlakke in Suid-Afrika om werklik 'n bydrae te lewer tot die multi-dissiplinere aard van argitektuurgeskiedskrywing.
  • Item
    South African Journal of Art History, volume 2, issues 3 & 4, 1987
    (Art Historical Workgroup of South Africa, 1987-11) Mare, Estelle Alma; Van der Waal, Gerhard-Mark
  • Item
    South African Journal of Art History, volume 2, issue 1 & 2, 1987
    (Art Historical Workgroup of South Africa, 1987-06) Mare, Estelle Alma; Van den Berg, Dirk Johannes