Abstract:
'n Dialekgoografiese ondersoek ne die spreektnal
van 'n bepnaalde gebied bring niks nuuts aan die lig
nie meer konstatoer net weer die bekendo feite in verband
met ons taal en die dialektiese eienaardighede. Tenspyte
hiervan is 'n momentopname vtm die teal van vandag belangrik,
nie elleen met die oog op die stand van sake in die
toekoms nie, maar ook in die teenswoordige.
Eers het ons dit gehad oor die fonetiese afwykinge van die algemeon boskaafd. Hoofstuk 111 handel
oor die woordoskat en toon aan dat daar in sommige gevalle
baie vorme van dieselfde woord in gebruik is en dat hierdie
vorme deurmekaar voorkom in ons spreektaal. Oor die
algemeen is die algemeen-beskaafde vorm in die meerderheid,
maar aan die ander kant blyk dit dat die algemeenbeskaafd
dit nie altyd wen teenoor die dialektiese afwyking
nie, soos bv. leagte teenoor leegte.
Die taal van die jonger geslag verskil van die taal van die oudste geslag in die opsig dat dit nader aan
die algemene taal staan. In 'n groot mate is dit die
gevolg van die skoolgeleerdheid en boektaal, maar ten
spyte hierven is baie dialektiese afwykinge sterk verteenwoordig
in die taal van die jongeres.
Verder het dit duidelik geword dat die verskynsels,
virsover dit hierdie ondersoek betref, so algemeen
oor die spraakgebied verbreid is dat 'n mens hulle beswaarlik
lokaal in die enger betekenis van die woord kan
noem.