JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Aligning school governance and the law : Hans Visser on education cases and policy
Die artikel is gebaseer op ’n huldigingslesing vir wyle professor PJ (Hans) Visser wat op 2007-07-27 by die Universiteit van Pretoria gelewer is. Professor Visser was ’n baanbreker in onderwysreg en die artikel neem slegs ’n gedeelte van sy werk oor onderwysreg in oënskou. Die bydrae toon aan dat sy werk dikwels oor die wanbelyning tussen die reg en skoolbeheer gehandel het. Ter aanvang word die konsep “belyning” omskryf waarna die oorsake van wanbelyning aan die
orde gestel en ’n “katalogus” van voorbeelde van wanbelyning aangebied word.
Visser se behandeling van wanbelyning voortspruitend uit algemene beleid oor
die onderwys word daarna kortliks bespreek. Die bespreking word gevolg deur ’n ondersoek na sy analise van wanbelyning ten opsigte van skoolbeheer per se en ten opsigte van die rol van ouers en leerders in skoolbeheer in die besonder. Ten slotte, word sy voorstelle vir die hersiening van die Skolewet van 1996 onder die loep geneem, voordat enkele aanbevelings gemaak word oor hoe sy nalatenskap gedenk kan word.