JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Die teks van die Nuwe Testament : n inleiding in die basiese aspekte van die teorie en praktyk van die tekskritiek van die Nuwe Testament
Ou vertalings van die Bybel het nooit melding gemaak van hierdie manuskripte wat
die vertalers gebruik het nie. Die rede was dat enkele manuskripte wat teen die
einde van die Middeleeue ontstaan het en vir die meeste ou vertalings as bron
gedien het, aanvaar is as perfekte weergawes van die heel oorspronklike Bybeltekste
- en vir eeue het niemand dit betwyfel nie. Vir die Nuwe Testament het hierdie
bronteks dan ook die toepaslike naam Textus Receptus, die aanvaarde teks, gekry.
Toe die nuwe Afrikaanse vertaling in 1983 verskyn en telkens in voetnote
melding maak van manuskriplesinge, het daar in 'n kort tydjie baie gesprekke en
geskrifte oor die onderwerp die lig gesien wat sonder meer aanvaar het dat wat altyd
in die verlede gegeld het, korrek is en dat wat nou nuut verskyn het met daad en
woord gekeer moet word. Gou het baie mense met meerdere en mindere kennis
van die saak hulle opinies gelug. Dit was duidelik dat die probleem 'n deeglike
verantwoording vereis. Die hele geskiedenis van die oorspronklike manuskripte,
van teksuitgawes, metodes van tekskritiek, van denkrigtings en van vertalings moes
op 'n wetenskaplike wyse stap vir stap uiteengesit word sodat Bybelstudente en
Bybellesers die kwessie van manuskripte en vertalings kan begryp.
In hierdie hoek beantwoord dr Kobus Petzer al die vrae op 'n deeglike maar
ook duidelik verstaanbare wyse. Die hoek is uniek in die opsig dag dit sowel in die
behoeftes van die tekskritikus asook in die van die gewone Ieser voorsien. Dr
Petzer spesialiseer reeds vir jare in die tekskritiek, het al baie oor die onderwerp
geskryf en was meermale oorsee by die belangrikste sentra vir tekskritiek op besoek.
Hy word tereg by Suid-Afrikaanse universiteite as 'n besondere kenner van die
onderwerp in ons land beskou.
Hierdie hoek word van harte aanbeveel met die hoop dat alma) vir wie hierdie
onderwerp erns is, die hoek met aandag sal lees.
Geyser-Fouche, Ananda B.; Fourie, Carli(AOSIS Open Journals, 2018-12-05)
In this study, the development of faith communities is investigated in different texts and contexts. The socio-religious understanding of various communities, from the time of the Old Testament, to today, has the potential ...
This article represents a short reflective essay in honour of the Old Testament scholar Eben
Scheffler. It focuses on the writing of the history of ancient Israel texts; examines different
approaches to address the history ...
Snyman, S.D. (Stephanus Daniel), 1954-; Snyman, Fanie, 1954-(Faculty of Theology, University of Pretoria, 2007)
The question raised in this contribution is suggested in the title: Should the place of the Old Testament be regarded as outside of, over against and thus not really part of the church or should the Old Testament be regarded ...