JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Plea in terms of Section 106(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 : S v Moussa [2021] 3 All Sa (GJ)
Die beskuldigde het ingevolge artikel 106(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977
gepleit dat die aanklaer nie titel het om te vervolg nie. In die saak het 'n vorige aanklaer
sonder magtiging 'n pleitooreenkoms met die beskuldigde aangegaan. Die beskuldigde het
ingevolge die ooreenkoms aan die klaer betalings gemaak onder die indruk dat die klagtes
by betaling teruggetrek sou word. Die Adjunk-Direkteur van Openbare Vervolging
("ADOV") het nie die ooreenkoms teruggetrek of die afdwinging van die ooreenkoms
voorkom nie, en het voortgegaan met die vervolging. Die beskuldigde het aangevoer dat die Staat as 'n invorderingsagent opgetree het en dat dit 'n misbruik van proses was. Die
hof het bevind dat die term "aanklaer" in artikel 106(1)(h) nie vir 'n beswaar teen die
ADOV voorsiening maak nie, maar wel teen die vorige aanklaer. Die hof bevind verder
dat dit nie 'n misbruik van proses was nie. Dit word aangevoer dat die term "aanklaer" in
artikel 106(1)(h) net die aanklaer voor die hof, en nie 'n vorige aanklaer, die ADOV, die
vervolgingsgesag of die Staat insluit nie. Dit word verder aangevoer dat, al sou die term
"aanklaer" 'n vorige aanklaer insluit, die gedrag van die vorige aanklaer nie 'n misbruik
van proses was nie. Dit word laastens voorgehou dat die beskuldigde op die ooreenkoms
moes gesteun het en aansoek moes gedoen het vir 'n permanente verbod teen verdere
vervolging, in plaas daarvan om op artikel 106(1)(h) te steun.