Groepe en pastorale sorg in 'n gemeentelike konteks : 'n narratiewe benadering

dc.contributor.advisorDreyer, Yolanda
dc.contributor.emailalisnabloem@gmail.comen_US
dc.contributor.postgraduateSlabbert, Alisna
dc.date.accessioned2023-08-29T12:24:35Z
dc.date.available2023-08-29T12:24:35Z
dc.date.created2023-09-06
dc.date.issued2022
dc.descriptionDissertation (MTh (Practical Theology))--University of Pretoria, 2022.en_US
dc.description.abstractGroepe vorm oral in die samelewing. Sommige word doelbewus gegenereer. Ander ontstaan spontaan. Die uitgangspunt van hierdie studie is dat kleingroepe ’n kardinale deel van gemeentes en geloofsgemeenskappe kan uitmaak en dat individue deur middel van die groepe die steun van ’n gemeenskap kan ervaar. Hierdie studie ondersoek hoe formele en informele groepe met behulp van die deel van narratiewe kan bydra tot die pastorale versorging van mense. Groepe en groepsdinkamika word onder andere ondersoek in die sosiale wetenskappe en sosiale psigologie. Die insigte en teorie van Donelson Forsyth (2014) ten opsigte van groepvorming word benut om aan te dui hoe formele en informele groepe vorm. David Johnson en Frank Johnson (2003) se beskrywing van groepe word ook vir die doel aangewend omdat dit spesifieke aspekte van groepvorming belig. Hierdie teorie fokus onder meer op die effektiwe funksionering van groepe asook die verskillende kommunkasienetwerke in groepe. Met behulp van hierdie teorieë toon die studie aan dat betrokkenheid by ’n ondersteuningsgroep kan bydra tot mense se welsyn. Pastorale sorg het ten doel om mense te begelei tot heling, genesing, heelheid en hoop. So word hulle bemagtig om aktief in die geloofsgemeenskap by te dra tot onderlinge sorg. Julian Müller (2000) se reisgeselskap-model word benut om aan te toon wat in formele groepe of een-tot-een pastorale sorg gesprekke plaasvind. Pastorale sorg is nie net die pastor se taak nie. Onderlinge sorg is die taak van die hele geloofsgemeenskap. Maria Maritnez (2018) se narratologiese model met die naam Storyworld Possible Selves word in die studie benut om die kompleksiteit van die betrokkenheid by ander se verhale te verduidelik. Formele en informele groepe is ’n onvermydelike deel van geloofsgemeenskappe en kerkwees. Met behulp van Charles Gerkin (1997) se pastoraatteorie word die verwagting van pastorale sorg ondersoek. Sy driedeling van ‘n gemeenskap van ondersoek, ‘n gemeenskap van onderlinge sorg en ‘n gemeenskap van gestuurdes is vir die werk van kleingroepe en onderlinge sorg in ’n gemeentelike konteks relevant. Mense kan pastoraal versorg word in formele en informele groepe ervaar. Hulle kan dit toepas in hulle eie lewe en positiewe verandering te weeg bring as hulle mekaar pastoraal versorg.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.degreeMTh (Practical Theology)en_US
dc.description.departmentPractical Theologyen_US
dc.identifier.citation*en_US
dc.identifier.doiDisclaimer Letteren_US
dc.identifier.otherS2023
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/92104
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_US
dc.subjectPastorale sorgen_US
dc.subjectKleingroepeen_US
dc.subjectGroepsdinamikaen_US
dc.subjectPastorale beradingen_US
dc.subjectGroepspastoraaten_US
dc.subjectFormele groepeen_US
dc.subjectKommunikasienetwerkeen_US
dc.subjectLewensverhaleen_US
dc.subject.otherTheology theses SDG-03
dc.subject.otherSDG-03: Good health and well-being
dc.titleGroepe en pastorale sorg in 'n gemeentelike konteks : 'n narratiewe benaderingen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Slabbert_Groepe_2022.pdf
Size:
846.39 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: