Narratologiese ondersoek van die boek Jona

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Tydskrifafdeling van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Abstract

'Obwohl das Buch Jona sehr klein ist, hates der friihchristlichen Kunst und der Auslegung bis auf unsere Zeit vie/ Anregung gegeben; denn "dies scheinbar so alberne Biichlein gehort zu dem Tiefsten und Grossartigsten, was jemals geschrieben worden ist"' (my beklemtoning). Met hierdie woorde bring Loretz (1961:18) die paradoks tussen die lengte en die verstaanbaarheid van die boek treffend na vore. By die nagaan van die wetenskaplike literatuur oor Jona word hierdie paradoks al hoe duideliker. 'n Mens kom onder die indruk van die diversiteit van menings oor die boek wat gestalte vind in uitdrukkings soos 'the odd little tale' (Burrows 1970:80) en Luther se uitroep: 'Hilf Gott, welch ein wunderlich Werk is doch das!' (Von Rad 1974: 65). Daar is veral drie sake wat baie nou met mekaar saamhang, naamlik die komposisie, die literatuursoort en die boodskap, wat as probleemareas van die boek genoem word. Soveel uiteenlopende oplossings word vir hierdie drie probleemaspekte gebied dat daar inderdaad gese sou kon word dat daar 'n Babelse verwarring oor hierdie aspekte van die boek heers. As die lengte van die boek in ag geneem word, is dit inderdaad 'n vreemde en unieke situasie.

Description

Keywords

Stuktuuranalise, Poetiese gedeeltes, Verhouding tussen die narratiewe teks en storie, Vertelhandeling, Boodskap van die boek

Sustainable Development Goals

Citation

Potgieter, JH 1991, ''n Narratologiese ondersoek van die boek Jona', Hervormde Teologiese Studies, Supplementum 3, pp. 1-131.

Collections