Taaldidaktiek met besondere verwysing na skryfvaardighede in die sekondêre skoolfase

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Snyman, Rykie

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

South African Association for Language Teaching

Abstract

Dit is allerweë bekend dat die didaktiek die terrein van die onderrig ondersoek en beskryf en die taaldidaktiek die verbesondering daarvan is. Teen die agtergrond van die twee dissiplines is dit die doel van die referaat om 'n aspek van stelwerkonderrig uit te lig en te bespreek. Die doel is verder om deur die bespreking riglyne te verskaf vir die opleiding van Afrikaansonderwysers ten opsigte van stelwerk- of skryfonderrig. Die taaldidaktiek is 'n verbesondering van die didaktiek in die sin dat die taaldidaktiek die onderrig en wese van taal navors en volledig probeer beskryf. Die taaldidaktiese uitsprake ten opsigte van skryfwerkonderrig in die referaat het ook segwaarde vir skryfonderrig wat in en deur ander vakke aangebied word.

Description

Keywords

Taaldidaktiek, Skryfvaardighede, Sekondêre skoolfase

Sustainable Development Goals

None

Citation

Snyman, Rykie 1989, 'Taaldidaktiek met besondere verwysing na skryfvaardighede in die sekondêre skoolfase', Journal for Language Teaching / Tydskrif vir Taalonderrig, vol. 23, no. 2, pp. 66-78, doi : 10.10520/ejc-langt-v23-n2-a8.