’n Analise van die perspektiewe oor die Slag van Cuito Cuanavale in graad 12-Geskiedenishandboeke

dc.contributor.advisorWassermann, Johan
dc.contributor.coadvisorVan der Merwe, Linette
dc.contributor.emailivanmeyer96@gmail.comen_US
dc.contributor.postgraduateMeyer, Ivan
dc.date.accessioned2024-02-09T10:18:18Z
dc.date.available2024-02-09T10:18:18Z
dc.date.created2023-04
dc.date.issued2023-12
dc.descriptionDissertation (MEd (History Education))--University of Pretoria, 2023.en_US
dc.description.abstractDie Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1989 was die grootste konvensionele veldslag in Afrika sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die veldslag is egter kontroversieel weens die historiese agtergrond van die Koue Oorlog en die Angolese Burgeroorlog waarin dit afgespeel het. Die breër historiese konteks waarin die Slag van Cuito Cuanavale plaasgevind het, is vandag nog ’n kontroversiële tydperk wat sorg vir komplekse diskoerse binne ons samelewing wat oorgedra word na die klaskamer se programmatiese kurrikulum in die vorm van handboeke. Die doel van hierdie studie is om ’n analise aan te bied van die perspektiewe wat bestaan rondom die Slag van Cuito Cuanavale wat in ons nasionale voorgeskrewe Geskiedenishandboeke vir graad 12 voorkom. Die konseptuele raamwerk vorm die basis van die studie en word geformuleer deur ’n driebeenbenadering: eerstens, die idee van kontroversiële onderwerpe, tweedens, die konsep van herkontekstualisering van kennis wat oorgedra word van die akademie tot die handboek en derdens, die stiltes wat teenwoordig is ná die proses van herkontekstualisering plaasgevind het. Die breër metodologiese benadering wat gebruik is om die data te analiseer, is kritiese diskoersanalise. Kritiese diskoersanalise is ’n kwalitatiewe navorsingsmetode wat die doel het om geskrewe, gesproke en visuele kommunikasie te ondersoek binne die konteks waarin die uittering plaas(ge)vind het. Die studie maak staat op bestaande tekste in die vorm van nasionale voorgeskrewe en goedgekeurde Geskiedenishandboeke wat in Afrikaans uitgegee is. Die basis waarop die data geselekteer is, is gedoen deur die lys van goedgekeurde en voorgeskrewe handboeke na te slaan en die Afrikaanse Geskiedenishandboeke vir graad 12 te kies. Die bevindings van die studie wys dat daar bepaalde diskoerse gevoer word op die voorgrond en agtergrond van elke handboek, wat aanleiding gee tot die stiltes wat in die betrokke handboeke heers. Die fokus van die diskoerse wissel tussen een van dekolonialisasie of die Koue Oorlog in die konteks van die Angolese Burgeroorlog. Die studie gaan ’n bydra maak tot die breë verstaan van Geskiedenishandboeke in die Suid-Afrikaanse konteks en hoe dit groot of ikoniese veldslae hanteer. Daar word ook ’n bydra gemaak tot die beperkte kennis wat bestaan rondom die Grensoorlog-tydperk en die kontroversiële Slag van Cuito Cuanavale.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.degreeMEd (History Education)en_US
dc.description.departmentHumanities Educationen_US
dc.description.facultyFaculty of Educationen_US
dc.description.sdgSDG-04: Quality Educationen_US
dc.identifier.citation*en_US
dc.identifier.doi10.25403/UPresearchdata.24899196en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/94418
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_US
dc.subjectSlag van Cuito Cuanavaleen_US
dc.subjectAngolese burgeroorlogen_US
dc.subjectHandboekanaliseen_US
dc.subjectKoue oorlogen_US
dc.subjectGrensoorlogen_US
dc.subject.otherSustainable development goals (SDGs)
dc.subject.otherSDG-04: Quality education
dc.subject.otherEducation theses SDG-04
dc.subject.otherSDG-16: Peace, justice and strong institutions
dc.subject.otherEducation theses SDG-16
dc.title’n Analise van die perspektiewe oor die Slag van Cuito Cuanavale in graad 12-Geskiedenishandboekeen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Meyer_Analise_2023.pdf
Size:
9.11 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: