Kritiese Rasionalisme en Teologie

dc.contributor.advisorWethmar, Conrad Johannes
dc.contributor.postgraduateMaree, David J.F.
dc.date.accessioned2013-11-08T13:09:29Z
dc.date.available2013-11-08T13:09:29Z
dc.date.created2013-11-08
dc.date.issued1990
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 1990.
dc.description.abstractHierdie studie fokus op die waarde van die Kritiese Rasionalisme van Karl Popper vir die teologie. Tans staan die Kritiese Realisme as geloofwaardige denkmodel vir die teologie in die huidige teologiese diskussie onder bespreking. Hierdie studie analiseer die krities realistiese denkmodel in die teologie aan die hand van die Kritiese Rasionalisme van Popper ten einde 'n krities rasionalistiese suiwering in die krities realistiese denkmodel vir die teologie te weeg te bring. Deel I van die studie behels 'n bespreking en 'n analisering van die wetenskapsteorie van Popper. Uit hierdie bespreking blyk dit dat die wetenskap volgens Popper op 'n duidelike doel afgestem is. Wetenskap mik na waarheid en 'n verstaan van die werklikheid. Ten spyte van die intensie van die wetenskap, kan die wetenskaplike nooit met sekerheid bepaal of sy teorie wei waar is nie. Gevolglik funksioneer die waarheidsgerigtheid van die wetenskap as 'n regulatiewe beginsel. Die wetenskaplike kan van die waarheid van die doel van sy wetenskap oortuig wees, maar hierdie oortuiging en ander oortuigings met betrekking tot die waarheid of die realiteit van 'n teorie, word in die Popperiaanse beskouing van die wetenskapsproses krities gekontroleer. Popper se fallibalistiese epistemologiese beskouings word gevorm deur sy mening dat aile denkmodelle of filosofiee wat waarheid wil begrond, ongeldig is. Sy kritiek teen positivisme lei hom tot 'n omverwerping van 'n induktivistiese strategie wat oor die algemeen as die ware metode van die empiriese wetenskappe beskou word. Aangesien aile epistemiese uitsprake voorwaardelik van aard is, en uitsprake nie begrond kan word nie, stel hy 'n krities rasionalistiese denkmodel voor. Hierdie model word triadies gestruktureer: die wetenskapsproses verloop vanaf 'n identifisering van probleme na pogings om hierdie probleme op te los. Hierdie oplossings word krities getoets deur pogings om die oplossings te weerle. Op hierdie wyse kan foute uitgeskakel word en valshede vermy word. Uit die bespreking van Popper se teorie blyk dit dat die kenmerk van die krities rasionalistiese model verwoord kan word met behulp van 'n Kritiese Beginsel. Die elemente wat in Popper se Kritiese Rasionalisme ge'identifiseer is, te wete die wyse waarop oortuigings as 'n wetenskapsintensie funksioneer en krities gekontroleer word, die belang van die proses van weerlegging as kritiek in die wetenskapsproses en die nie-begrondingstruktuur van 'n geldige wetenskapsproses, word as evalueringsriglyn vir 'n krities realistiese model aangewend. Kritiese Realisme maak aanspraak op die feit dat epistemiese uitsprake inderdaad na die werklikheid verwys, ten spyte van die voorwaardelike aard van kennis. Die versoening tussen die konjekturaliteit van kennis en die werklikheid of objektiwiteit van uitsprake vind plaas deur die aanwending van 'n spesifieke modeljmetafoor-teorie. Dit blyk egter dat hierdie aanwending 'n afgeswakte vorm van verifikasie behels wat struktureel induktivisties van aard is. Voorts dui die analise van Kritiese Realisme aan dat die rol van grondverbintenisse nie voldoende deur hierdie model opgelos word nie aangesien daar steeds elemente van 'n begrondingstrategie by Kritiese Realisme teenwoordig is. Deur die Kritiese Realisme van hierdie problematiese elemente met behulp van die Kritiese Rasionalisme wyse te suiwer, kan Kritiese Realisme as 'n geloofwaardige denkmodel vir die teologie aangewend word.en_US
dc.description.degreePhD
dc.description.departmentBiblical and Religious Studies
dc.description.librariangm2013en_US
dc.identifier.citationMaree, DJ 1990, Kritiese Rasionalisme en Teologie, PhD Thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32325>
dc.identifier.otherD13/9/993/gm
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/32325
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1990 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoriaen_US
dc.subjectTeologieen_US
dc.subjectRealistiese denkmodelen_US
dc.subjectKritiese Rasionalismeen_US
dc.subjectKarel Popper
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleKritiese Rasionalisme en Teologieen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Maree_Kritiese_1990.pdf
Size:
18.25 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: