Image rights in Kenya

dc.contributor.authorThutse, Legodi
dc.contributor.authorCornelius, Steve J.
dc.date.accessioned2024-11-20T08:07:59Z
dc.date.available2024-11-20T08:07:59Z
dc.date.issued2023
dc.description.abstractKenia is ’n land wat al op verskeie terreine vele bekendes opgelewer het. Hulle is veral welbekend vir die wêreldklas middel en langafstandatlete wat hulle oplewer. Dit sou daarom nie vreemd wees nie, indien bemarkers sou poog om die gelykenisse van bekende persone te gebruik in hulle bemarkingsveldtogte. Dit sou egter nie ’n Olimpiese atleet of ander beroemde persoon wees wat sou poog om die reg op identiteit in hierdie verband te beskerm nie. Inteendeel, dit sou ’n nederige motorfietsafleweringsbestuurder wees wat ’n finansiële instelling tot orde sou roep omdat hulle sonder toestemming sy foto in hulle bemarkingsmateriaal gebruik het. Alhoewel die Keniaanse deliktereg gegrond is op die Engelse law of torts, vermy die hof in die Rafiki saak die enge benadering van die Engelse howe, waarvolgens die ongemagtigde gebruik van iemand se beeld vir bemarking slegs ’n eisoorsaak daarstel indien dit sou neerkom op aanklamping. Die Keniaanse hof wend hom veel eerder tot die SuidAfrikaanse reg en steun vir gesag op die uitsprake van die SuidAfrikaanse howe in Grütter v Lombard (2007 (4) SA 89 (HHA)) en W v Atoll Media (Pty) Ltd (2010 4 All SA 548 (WKK)). Die hof in die Rafikisaak beslis dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ’n skending is van sy reg op privaatheid, soos vervat in artikel 31 van die Grondwet van die Republiek van Kenia. Voorts bevind die hof, met verwysing na die uitspraak van die SuidAfrikaanse konstitusionele hof in MM v MN (2013 (4) SA 415 (KH)), dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ook ’n skending is van sy reg op menswaardigheid soos vervat in artikel 28 van die Keniaanse grondwet. Op hierdie wyse ontwikkel howe in Afrikalande pragmatiese oplossings wat die individu teen uitbuiting beskerm. Die beginsels wat aldus neergelê word, vergelyk goed met die omvattende beskerming wat in verskeie Amerikaanse deelstate teen ongemagtigde gebruik van iemand se beeld in bemarkingsmateriaal verleen word.en_US
dc.description.departmentPrivate Lawen_US
dc.description.librarianhj2024en_US
dc.description.sdgSDG-16:Peace,justice and strong institutionsen_US
dc.description.urihttps://journals.co.za/content/journal/jlc_tsaren_US
dc.identifier.citationThutse, L. & Cornelius, S. 2023, 'Image rights in Kenya', Tydskrif vir die SuidAfrikaanse Reg / Journal of South African Law , vol. 2023, no. 2, pp. 372-379, doi : 10.47348/TSAR/2023/i2a12.en_US
dc.identifier.issn0257-7747 (print)
dc.identifier.issn1996-2207 (online)
dc.identifier.other10.47348/TSAR/2023/i2a12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/99195
dc.language.isoenen_US
dc.publisherJuta Law Journalsen_US
dc.rights© Juta and Company (Pty) Ltd.en_US
dc.subjectImage rightsen_US
dc.subjectKenyaen_US
dc.subjectReg op identiteiten_US
dc.subjectKeniaen_US
dc.subjectSDG-16: Peace, justice and strong institutionsen_US
dc.titleImage rights in Kenyaen_US
dc.title.alternativeReg op identiteit in Keniaen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Thutse_Image_2023.pdf
Size:
131.59 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: