Image rights in Kenya

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Thutse, Legodi
Cornelius, Steve J.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta Law Journals

Abstract

Kenia is ’n land wat al op verskeie terreine vele bekendes opgelewer het. Hulle is veral welbekend vir die wêreldklas middel en langafstandatlete wat hulle oplewer. Dit sou daarom nie vreemd wees nie, indien bemarkers sou poog om die gelykenisse van bekende persone te gebruik in hulle bemarkingsveldtogte. Dit sou egter nie ’n Olimpiese atleet of ander beroemde persoon wees wat sou poog om die reg op identiteit in hierdie verband te beskerm nie. Inteendeel, dit sou ’n nederige motorfietsafleweringsbestuurder wees wat ’n finansiële instelling tot orde sou roep omdat hulle sonder toestemming sy foto in hulle bemarkingsmateriaal gebruik het. Alhoewel die Keniaanse deliktereg gegrond is op die Engelse law of torts, vermy die hof in die Rafiki saak die enge benadering van die Engelse howe, waarvolgens die ongemagtigde gebruik van iemand se beeld vir bemarking slegs ’n eisoorsaak daarstel indien dit sou neerkom op aanklamping. Die Keniaanse hof wend hom veel eerder tot die SuidAfrikaanse reg en steun vir gesag op die uitsprake van die SuidAfrikaanse howe in Grütter v Lombard (2007 (4) SA 89 (HHA)) en W v Atoll Media (Pty) Ltd (2010 4 All SA 548 (WKK)). Die hof in die Rafikisaak beslis dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ’n skending is van sy reg op privaatheid, soos vervat in artikel 31 van die Grondwet van die Republiek van Kenia. Voorts bevind die hof, met verwysing na die uitspraak van die SuidAfrikaanse konstitusionele hof in MM v MN (2013 (4) SA 415 (KH)), dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ook ’n skending is van sy reg op menswaardigheid soos vervat in artikel 28 van die Keniaanse grondwet. Op hierdie wyse ontwikkel howe in Afrikalande pragmatiese oplossings wat die individu teen uitbuiting beskerm. Die beginsels wat aldus neergelê word, vergelyk goed met die omvattende beskerming wat in verskeie Amerikaanse deelstate teen ongemagtigde gebruik van iemand se beeld in bemarkingsmateriaal verleen word.

Description

Keywords

Image rights, Kenya, Reg op identiteit, Kenia, SDG-16: Peace, justice and strong institutions

Sustainable Development Goals

SDG-16:Peace,justice and strong institutions

Citation

Thutse, L. & Cornelius, S. 2023, 'Image rights in Kenya', Tydskrif vir die SuidAfrikaanse Reg / Journal of South African Law , vol. 2023, no. 2, pp. 372-379, doi : 10.47348/TSAR/2023/i2a12.