Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS)

Permanent URI for this collectionhttp://hdl.handle.net/2263/81572

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 11 of 11
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 2009
    (NB Uitgewers, 2009) Kotze, E.F.; McLachlan, J.D.; Lombard, F.J.; Al, M.; Anker, J.; Du Plessis, M.; Otto, A.N.; Huyssteen, G.B.
    Hierdie tiende, verbeterde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreels (AWS) verskyn sowat sewe jaar na die negende, volledig hersiene uitgawe van 2002 en maak deel uit van die eeufeesviering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die relatief kort tydsverloop tussen die twee uitgawes is die verfyning van die spelreels voortgesit, maar terwyl die negende uitgawe die spelreels as uitgangspunt geneem het, het die bewerking van hierdie tiende uitgawe veral die woordelys as vertrekpunt geneem. Die resultaat is 'n baie hegter samehang tussen die spelreels en die aangebode woorde in die lys.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 2002
    (NB Uitgewers, 2002) Prinsloo, A. F.; Kotzé, E. F.; Lombard, F. J.; Alberts, M.; Anker, J.; Carstens, W. A. M.; Coetzee, A. E.; McLacnlan, J. du T.
    Hierdie (negende) uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreels (AWS) verskyn slegs sowat 'n dekade mi die agste, volledig hersiene uitgawe van 1991. Die rede vir die relatief kort tydsverloop tussen die twee uitgawes is eenvoudig: sedert die verskyning van die vorige uitgawe is daar indringend aandag gegee aan die verfyning en vereenvoudiging van die spelreels - veral na aanleiding van die kritiek op die 1991-uitgawe - en hierdie nuwe uitgawe is die resultaat daarvan. Wat hierdie uitgawe verder uniek maak, is die feit dat daar baie wyd by taalpraktisyns en ander gebruikers navraag gedoen is oor veral ( a) probleme met die formulering van die spelreels en hoe dit verstaan word ( die reels met betrekking tot afkortings inbegrepe) en ( b) tekortkominge in die Woordelys en die Afkortingslys. In soverre dit moontlik was, is die kritiek, voorstelle en behoeftes verwerk en betrek in die finale teks van die boek.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1991
    (Tafelberg Publishers, 1991) Odendal, F.F.; Botha, T.J.R.; Hauptfleisch, D.C.; Combrink, J.G.H.; Du Plessis, H.G.W.; Eksteen, L.C.; Gouws, R.H.; Janse van Rensburg, M.C.; Van Jaarsveld, G.J.
    Hierdie uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreels verskyn 27 jaar na die vorige, sewende uitgawe van 1964 - die langste tyd wat nog tussen twee uitgawes verloop het. Daarvoor kan verskeie redes aangevoer word, onder andere die feit dat daar na die verskyning van die sewende uitgawe geen dringende behoefte gevoel is om direk (se binne tien jaar) 'n nuwe uitgawe uit te bring nie, verder dat daar heelwat tyd bestee is aan die bewerking van 'n Lys klassieke eiename (Kaapstad:Tafelberg, 1984) in Afrikaans, dat opeenvolgende generasies steeds nuwe en ander insigte gebring het wat verantwoord moes word in die Afrikaanse woordelys en spelreels, en ook dat die bree aanpak van hierdie uitgawe besonder tydrowend was.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1960
    (Nasionale Boekhandel, 1960) Boshoff, S.P.E.; Du Toit, S.J.; Hiemstra, L.W.; Kempen, W.; Le Roux, T.H.; Malherbe, D.F.; Scholtz, J. du P.
    Hierdie druk van die Akademie se Woordelys en Spelreëls verskil aansienlik van die vorige uitgawes, hoewel die spellingbeleid en grondbeginsels feitlik ongewysig gebly het. So ’n bewering eis al dadelik ’n verduideliking. Ons behandel die verskille kortliks puntsgewyse. (a) Geskrap. ’n Groot aantal woorde en/of woordvorme uit die vorige Woordelys is geskrap, omdat hulle geen spellingmoeilikhede oplewer of behoort op te lewer nie. Ons noem slegs die volgende soorte gevalle: (1) Eenvoudige, onsamegestelde woorde soos: baan, bane; beer, bere; boer, boere; boom, bome; buur, bure. Die spelling van sulke woorde kan bowendien meestal uit samestellinge wat opgeneem is, afgelei word. (2) Samestellinge en afleidinge wat geen spellingmoeilikhede oplewer nie. As bantamgewig en bantamhoender bv. aangegee word, is dit stellig oorbodig om bantamhaantjie en bantamhennetjie ook te vermeld. Samestellinge met en sonder verbindingsklanke (veral e en s) eis egter vanweë die vormverskille wel enkele toeligtende voorbeelde soos: boerbeskuit naas boerebeskuit, handdoek teenoor handearbeid, loonraad teenoor loonsverhoging, verjaardag naas verjaarsdag. (3) ’n Aantal vreemde, veral Franse, woorde is weggelaat, omdat daar in Afrikaans haas geen behoefte daaraan bestaan nie en die skrywer wat hulle moontlik af en toe nodig kry, tog maar die vreemde skryfwyse moet volg. Geleerde benamings (bv. in suiwer Latyn), soos Equus caballus, hoort ewemin in hierdie lys tuis; Ekwide daarenteë wel. (4) By byvoeglike naamwoorde word die trappe van vergelyking wat geen vorm- en/of spellingmoeilikhede oplewer nie, meestal weggelaat en net die verboë vorme aangegee, of anders word aangedui dat die betrokke word ook onverboë of alleen onverboë gebruik word. In die meeste gevalle is dit ’n saak van grammatika eerder as van spelling. (5) Wisselvorme is, waar moontlik, verminder en dit sal stellig deur die publiek verwelkom word. Twintig jaar gelede het ons daaromtrent gekonstateer: ,,Die alternatief is om tussen twee of meer vorme te kies, en dit kan alleen min of meer willekeurig geskied” (bl. VIII). Dit was destyds volkome juis, maar voortdurende waarneming van die gesproke sowel as die geskrewe word het ons oortuig dat sommige vorme minder gebruiklik as ander is en dat ons die onnodige weelde van ’n te groot vormverskeidenheid in baie gevalle goed kan ontbeer. Die hiperdeftige boter kan, om slegs ’n enkele voorbeeld te noem, nou sonder nadeel vir botter wyk. Twintig jaar gelede het ons ook die volgende aanbeveling gedoen: „Waar daar in die geval van vreemde woorde tussen die vreemde en ’n verafrikaanste spelling gekies kan word, daar word in ooreenstemming met die spellingpraktyk van die oorgroot meerderheid van die skrywende publiek die voorkeur aan die verafrikaanste spelvorm gegee” (bl. XV, Opm. 1). Hierdie wenk het soveel byval gevind dat ons tans by talle van woorde die vreemde spelvorme met vrymoedigheid kan weglaat (kyk bv. maar net in die ou lys by woorde wat met au of c begin en vergelyk die paragraaf oor Vreemde Woorde hier onder).
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1964
    (Nasionale Handelsdrukkery, 1964) Boshoff, S.P.E.; Kempen, W.; De Villiers, M.; Du Toit, S.J.; Hiemstra, L.W.; Labuscagne, G.J.; Le Roux, T.F.; Malherbe, D.F.; Marais, D.S.B.; Nienaber, G.S.; Odendaal, F.F.; Snijman, F.J.; Strydom, S.; Terblance, H.J.; Van der Merwe, H.J.J.M.
    Dat daar in minder as tien jaar byna tien oplaes van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls die lig gesien het, is wel ’n bewys dat daar in dié tydperk ’n groot vraag na hierdie publikasie was en dat dit in ’n belangrike behoefte voorsien het. Dit getuig ook van toenemende belangstelling in en bestudering van ons taal en lê andersyds ’n verphgting op die Taalkommissie om na vermoë die nodige leiding op die gebied van die spelling en skryfwyse te probeer gee. „Hierdie druk van die Akademie se Woordelys en Spelreëls verskil aansienlik van die vorige uitgawes, hoewel die spellingbeleid en grondbeginsels feitlik ongewysig gebly het”. So het dit tien jaar gelede in die Voorwoord by die vorige (sesde) uitgawe gelui. Dit geld ook van hierdie druk, want die beskaafde Afrikaanse uitspraak, die beginsel van gelykvormigheid en aansluiting by die Nederlandse skryf- en spellingtradisie bly nog steeds as grondbeginsels gehandhaaf, en aan die strekking van die spelreëls self is niks wesenliks verander nie. Maar die taal het self, soos elke jong, lewendige taal, ontwikkel en verander en daardeur nuwe eise aan sy beoefenaars gestel. Daarmee moes die Taalkommissie uiteraard rekening hou — vandaar enkele nuwighede in die stof en die behandelingswyse daarvan in hierdie uitgawe. Daarvan word kortliks hieronder rekenskap gegee.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1955
    (Nasionale Boekhandel, 1955) Boshoff, S. P. E.; du Toit, J.; Hiemstra, L. W.; Kempen, W.; le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.; Scholtz, J. du P.
    Hierdie druk van die Akademie se Woordelys en Spelreëls verskil aansienlik van die vorige uitgawes, hoewel die spellingbeleid en grondbeginsels feitlik ongewysig gebly het. So ’n bewering eis al dadelik ’n verduideliking. Ons behandel die verskille kortliks puntsgewyse. (a) Geskrap. ’n Groot aantal woorde en/of woordvorme uit die vorige Woordelys is geskrap, omdat hulle geen spellingmoeilikhede oplewer of behoort op te lewer nie. Ons noem slegs die volgende soorte gevalle: (1) Eenvoudige, onsamegestelde woorde soos: baan, bane; beer, bere; boer, boere; boom, bome; buur, bure. Die spelling van sulke woorde kan bowendien meestal uit samestellinge wat opgeneem is, afgelei word. (2) Samestellinge en afleidinge wat geen spellingmoeilikhede oplewer nie. As bantamgewig en bantamhoender bv. aangegee word, is dit stellig oorbodig om bantamhaantjie en bantamhennetjie ook te vermeld. Samestellinge met en sonder verbindingsklanke (veral e en s) eis egter vanweë die vormverskille wel enkele toeligtende voorbeelde soos: boerbeskuit naas boerebeskuit, handdoek teenoor handearbeid, loonraad teenoor loonsverhoging, verjaardag naas verjaarsdag. (3) ’n Aantal vreemde, veral Franse, woorde is weggelaat, omdat daar in Afrikaans haas geen behoefte daaraan bestaan nie en die skrywer wat hulle moontlik af en toe nodig kry, tog maar die vreemde skryfwyse moet volg. Geleerde benamings (bv. in suiwer Latyn), soos Equus caballus, hoort ewemin in hierdie lys tuis; Ekwide daarenteë wel. (4) By byvoeglike naamwoorde word die trappe van vergelyking wat geen vorm- en/of spellingmoeilikhede oplewer nie, meestal weggelaat en net die verboë vorme aangegee, of anders word aangedui dat die betrokke word ook onverboë of alleen onverboë gebruik word. In die meeste gevalle is dit ’n saak van grammatika eerder as van spelling. (5) Wisselvorme is, waar moontlik, verminder en dit sal stellig deur die publiek verwelkom word. Twintig jaar gelede het ons daaromtrent gekonstateer: ,,Die alternatief is om tussen twee of meer vorme te kies, en dit kan alleen min of meer willekeurig geskied” (bl. VIII). Dit was destyds volkome juis, maar voortdurende waarneming van die gesproke sowel as die geskrewe word het ons oortuig dat sommige vorme minder gebruiklik as ander is en dat ons die onnodige weelde van ’n te groot vormverskeidenheid in baie gevalle goed kan ontbeer. Die hiperdeftige boter kan, om slegs ’n enkele voorbeeld te noem, nou sonder nadeel vir botter wyk. Twintig jaar gelede het ons ook die volgende aanbeveling gedoen: „Waar daar in die geval van vreemde woorde tussen die vreemde en ’n verafrikaanste spelling gekies kan word, daar word in ooreenstemming met die spellingpraktyk van die oorgroot meerderheid van die skrywende publiek die voorkeur aan die verafrikaanste spelvorm gegee” (bl. XV, Opm. 1). Hierdie wenk het soveel byval gevind dat ons tans by talle van woorde die vreemde spelvorme met vrymoedigheid kan weglaat (kyk bv. maar net in die ou lys by woorde wat met au of c begin en vergelyk die paragraaf oor Vreemde Woorde hier onder).
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1937
    (Nasionale Pers, 1937) Boshoff, S. P. E.; Bosman, D. B.; Hiemstra, M. A.; le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.
    Die eerste Spelreëls van die Akademie het in 1915 die lig gesien, die eerste Woordelys in 1917, terwyl die derde en die vierde uitgawe in 1921 en 1931 respektiewelik verskyn het. Met die Spelreëls en Woordelys het die Akademie hom beywer om in die spellingaangeleenthede van ’n jong taal leiding te probeer gee. Daardie leiding is, trots allerlei besware en selfs teëkanting, oor die algemeen gevolg, sodat daar gaandeweg ’n spellingtradisie geskep is. Ten gevolge van hierdie tradisie kan die spelling van suiwer Afrikaanse woorde nou as vrywel vasstaande beskou word, terwyl daar oor die skryfwyse van vreemde woorde by ’n oorgroot meerderheid van die skrywende publiek verheugende eenstemmigheid heers. Die aantal dubbelvorme wat nog erkenning geniet, lewer die bewys dat daar nog g’n absolute standaarduitspraak in die taal self tot stand gekom het nie, wat trouens nie te verwag was nie. Andersyds is die aantal dubbelspellinge van vreemde woorde slegs ’n erkenning dat allerlei min of meer wetenskaplike woorde nog nie deur almal as ingeburger beskou word nie. Die feit dat die vorige uitgawe van die Woordelys en Spelreëls in ’n betreklike kort tyd reeds weer uitverkoop is, kan seker wel as ’n aanduiding van die betekenis van die Akademie se leiding in hierdie aangeleentheid opgevat word. Hierdie feit is des te merkwaardiger, omdat die vorige (vierde) druk in ’n tyd verskyn het toe die meningsverskille insake ons spelling ’n hoogtepunt bereik het en dit gelyk het of ’n vergelyk tussen die uiterste standpunte nie sou kon bereik word nie. Op die Spellingkonferensie gehou op Stellenbosch van 4 tot 6 Januarie 1932 is daar egter ’n vergelyk tussen die verteenwoordigers van die Akademie en van die Universiteit van Stellenbosch bereik. Prof. D. B. Bosman het daarna ’n „Lys van Wysiginge” opgestel wat ingevolge die besluite van die Spellingkonferensie op Stellenbosch in die Woordelys en Spelreëls van die Akademie aangebring moes word, ’n lys wat deur die Nasionale Pers, Bpk., in brosjurevorm uitgegee en later deur die Akademie offisieel bekragtig is. Hierdie (vyfde) uitgawe het derhalwe met genoemde wysiginge rekening te hou. Wanneer hierdie uitgawe met die vorige vergelyk word, sal dit dadelik blyk dat die ooreenkoms wat on die Spellingkonferensie bereik is, veral twee kwessies geld: die skryfwyse i/ie en die spelling van vreemde woorde. Oor die lastige spellingkwessie: i of ie in die geval van vreemde, veral sogenaamde internasionale woorde van klassieke herkoms, is daar eindelik eenstemmigheid bereik. Die ooreenkoms ten opsigte van die spelling van vreemde woorde in die algemeen het die erkenning van meer dubbelspellinge meegebring.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1931
    (Nasionale Pers, 1931) Boshoff, S. P. E.; Bosman, D. B.; le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.
    JN 1915 het die eerste Spelreëls van die Akademie die lig gesien, en in 1917 die eerste Woordelys, terwyl dit nou ruim tien jaar is sedert die verskyning van die vorige (derde) uitgawe. Trots alle besware van die kant van die lessened en skrywende publiek het die spelling van die Akademie gaandeweg ’n gevestigde tradiesie gekry in ons Afrikaanse literatuur, in ons koerante, tydskrifte en skoolboeke, in wetenskaplike werke op verskiílende terreine en in die paar proewe van Afrikaanse Bybelvertaling. Die volledige vertaling wat nou persklaar gemaak word, sal ongetwyfeld ook nog baie daartoe bydra om die bestaande spellingtradiesie verder te bestendig. Sedert drie jaar is die derde druk van die Spelreëls en Woordelys uitverkoop en was dit nodig om ’n nuwe hersiene bewerking te laat verskyn. Met die voorbereiding daarvan was die Spellingkommissie van die Akadamie al van 1926 af besig. Vir hierdie (vierde) uitgawe het die Spellingkommissie opdrag van die Akademie ontvang om : (1) inkonsekwensies te verwyder; (2) meer tegniese en wetenskaplike terme op te neem; (3) soveel moontlik vryheid te laat ten opsigte van sodanige kessies waaroor verskil van mening bestaan, o.a. by die toepassing van die spellingbeginsels op vreemde woorde. In hierdie uitgawe is soveel moontlik daarna gestreef om uitvoering aan daardie opdrag te gee. ’n Volkome onsekwente en tog prakties bruikbare spelling is ’n onbereikbare ideaal. Die lede van die Spellingkommissie maak hulle g’n illusies omtrent die resultaat van hulle werksaamhede nie; hulle sal stellig nie almal bevredig nie. Hierdie uitgaw^e is net so min volmaak as die vorige; tog is na vermoë daarna gestreef om verbeteringe aan te bring deur die verwydering van inkonsekwensies en deur die noukeuriger, oorsigteliker en meer sistematiese formulering van verskillende spelreëls. Op ou ingeburgerde Afrikaanse woorde kan ons spellingbeginsels betreklik konsekwent toegepas word, en wat hierdie element van ons woordeskat betref, het die Spellingkommissie soveel moontlik uitvoering aan die eerste deel van sy opdrag probeer gee. Daar was egter perke gestel aan die absolute deurvoering van konsekwensies sowel deur die aard. vau taalverskynsels as deur die reeds gevestigde spelling tradiesie. Alleen kultuïele oorweginge van nasionale draagwydte kon radikale veranderinge in hierdie verband wettig, en aan sodanige veranderinge was daar geen uitgesproke behoefte nie. Kragtens die leiding en bemoeiinge van die Akademie in die verlede kan die spelling van suiwer Afrikaanse woorde nou as vrywel vasstaande beskou word. Dit is geen geringe verdienste nie, en al was dit die enigste wat die Akademie tot stand gebring het, dan was sy bestaan hierdeur reeds geregverdig.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1921
    (Nasionale Pers, 1921) le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.; Smith, J. J.; Bosman, D. B.
    As daar eenkeer ’n begin gemaak is met spellingverandering, dan volg dit vanself dat dit van tyd tot tyd herhaal moet word. Tog is die veranderinge in die Nuwe Spelreëls nie groot nie. Daar het ’n paar wysiginge gekom, waarvan die vernaamste seker is die wegval van die stom w, die vervanging van ij deur y en van y deur ie of i, en die nagenoeg konsekwente verafrikaansing van vreemde woorde. Maar dit is meer ’n kwessie van gewysigde en, na ons vertrou, verbeterde formulering, met natuurlik enige aanvullinge. Dis nou ’n goeie vyf jaar gelede dat die eerste spelreëls verskyn het. Sedert dié tyd het die gebruik van Afrikaans geweldig toegeneem, en het ’n algemene gevoele ontstaan dat wysiginge en aanvullinge op verskillende punte noodsaaklik is. Hiermee is sover moontlik rekening gehou. Twee van die grootste besware deur die publiek ingebring teen die eerste spelreëls was, eerstens : te veel vryheid ten opsigte van die vraag wat as vreemde woorde moes beskou word; ten twede : te veel dubbelvorme. Die publiek wou meer vastheid hê, veral met die oog op die skole. In die nuwe spelreëls word vreemde woorde nagenoeg deur die bank verafrikaans, en dubbelvorme tot ’n mienimum gebring. Die beswaar teen die dubbelvorme het veral gegeld die woorde op ing naas eng en ink naas enk. Hierdie beswaar is uit die weg geruim deurdat die woorde nou verdeel word in twee groepe, in ooreenstemming met die algemeenste uitspraak : woorde met ing, ink óf eng, enk. Die reël om ’n medeklinker nie te verdubbel na ’n swakbeklemde klinker nie ( bobiaan, frikedel), waarteen veel beswaar gemaak is, is verval. Die reël is op sigself goed, maar moet dan ook konsekwent toegepas word, en dit gaan voorlopig nie. ’N punt waaromtrent baie onsekerheid geheers het, was wanneer die swakbeklemde e moet geskrywe word voor die uit ganglik, en wanneer v oorgaat in w by vreemde woorde. Ons meen dat die nuwe formulering ’n bevredigende uitweg gee in altwee gevalle. Die gebruik van deeltekens, waaroor ook veel geklae is, is vereenvoudig. Dan is daar gestreef om sover moontlik die reëls uit Afrikaans self te formuleer, sonder Nederlands daarby te haal. Met die oog op die plek wat Nederlands naas Afrikaans inneem, kon dit begryplikerwyse nie orals gedaan word nie. Heelwat oorbodige vreemde woorde is geskrap, heelwat gebruiklike in die plek gekom. Tog moet ook hierdie uitgawe van die Woordelys nie beskou word as ’n versameling van die Afrikaanse woordeskat nie. Dis in die eerste plaas saamgestel met die oog op spellingmoeilikheid. Juis met die oog hierop sou die samestellers maar alte graag meer tegniese terme opgeneem het, maar om verskillende redes is dit nie geluk nie. Al het ons almal in die laaste jare veel meer vastigheid gekry ten opsigte van wat as die beste spelling van Afrikaans mag beskou word, weet die samestellers maar alte goed dat daar ook dié slag heelwat aan te merk sal wees, en baie nie tevrede sal wees nie. Wie mag iets anders verwag van so iets as ’n spellingreëling? By die keuse van ’n bepaalde vorm, is egter voortdurend gestreef om die algemeenste uitspraak te kies, of waar dit nie die deurslag kon gee nie, is dié vorm gekies wat om historiese of praktiese redes as die beste mag beskou word; terwyl by wysiginge nie minder getrag is om algemeen gevoelde leemtes uit die weg te ruim nie. As die samestellers hierin misgetas het, dan hou hulle hul aanbevole vir voorligting.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1918
    (Die Volksblad Drukkerij, 1918) le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.; Smith, J. J.
    Na aanleiding van die vorderinge wat Afrikaans die laaste jare gemaak het, het een uit die ou talgarde hom onlangs op die volgende wijse uitgedruk : dis tog maar waar, die een sal saai en die ander sal maai. So is dit. Hierdie woordelijs en hierdie spelreëls is die vrug van die werksaamhede van die taalpioniers, die lede van Die Genootskap van Regte Afrikaners, opgerig in die Paarl op 14 Augustus, 1S75. Ontsaglik veel het daar met die Afrikanervolk sedert die tijd gebeur; en met sij taal! Hoeveel was destijds in staat om die nasionale betekenis van die werksaamhede van daardie manne in te sien? Hoeveel teëwerking het hul nie ondervind nie ? Hoe anders is dit vandag. Ons volk het tot ontwaking gekom. Ons belewe nou ons periode van Romantiek, in die wrare sin van die wyoord. Als natuurlike gevolg hiervan, is daar ’n onweerstaanbare drang na uiting : uiting van ons volksindividualiteit. Sodanige uiting—dit voel ons meer als ooit tevore—is alleen moontlik deur middel van die moedertaal : Afrikaans. Want wil iemand uiting gee aan sij siel, en gebeur dit nie deur middel van sij moedertaal nie, dan staan sodanige taalvorm tussen hom en die uitdrukking van sij diepste wTese. Vanself dus wil ons sóre dat ons taal in ieder opsig tot sij reg kom; dat dit die draer word van ons kultuur. Vandaar dat ons in die eerste plaas ons oog rig op die onderwijs. Die eerste en voornaamste kenmerk immers van ’n gesonde ondenvijsstelsel is dit, dat daar voorsien word in die nasionale behoeftes van die volk. Die weg wat ons moet inslaan sien ons duidelik lê. Prinsipiële besware is daár nie; praktiese wel, veral ten opsigte van die ondenvijs. Maar hierdie besware is niks meer als wat ’n mens in ’n owergangstijdperk noodwendig moet verwag nie. Laat ons net onthou, veral diegene wat so geneig is om te kritiseer, dat ons werklik in ’n owergangstijdperk lewe. Wat die juiste verhouding—nie van ’n wetenskaplike standpunt nie, maar in die praktiese lewe—van Hooghollands tot Afrikaans in die later toekoms sal wees, is onmoontlik om presies aan te duie. Maar een feit is bo alle twijfel verhewe, en dit is dat Hollands en Afrikaans, hoewel twee selfstandige tale, nie teenoor mekaar staan, soos sommige dit voorstel nie. Inteendeel, die twee tale vul mekaar aan. Afrikaans sluit Hollands grotendeels in; Hollands is die onmisbare bron waaruit Afrikaans moet put, oral waar voorlopig nie deur eie taalmiddels in die behoeftes kan voorsien word nie.
  • Item
    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1917
    (Het Volksblad Drukkerij, 1917) le Roux, T. H.; Malherbe, D. F.; Smith, J. J.
    Na aanleiding van die vorderinge wat Afrikaans die laaste jare gemaak het, het een uit die ou talgarde hom onlangs op die volgende wijse uitgedruk : dis tog maar waar, die een sal saai en die ander sal maai. So is dit. Hierdie woordelijs en hierdie spelreëls is die vrug van die werksaamhede van die taalpioniers, die lede van Die Genootskap van Regte Afrikaners, opgerig in die Paarlop 14 Augustus, 1S75. Ontsaglik veel het daar met die Afrikanervolk sedert die tijd gebeur; en met sij taal! Hoeveel was destijds in staat om die nasionale betekenis van die werksaamhede van daardie manne in te sien? Hoeveel teëwerking het hul nie ondervind nie ? Hoe anders is dit vandag. Ons volk het tot ontwaking gekom. Ons belewe nou ons periode van Romantiek, in die wrare sin van die wyoord. Als natuurlike gevolg hiervan, is daar ’n onweerstaanbare drang na uiting : uiting van ons volksindividualiteit. Sodanige uiting—dit voel ons meer als ooit tevore—is alleen moontlik deur middel van die moedertaal : Afrikaans. Want wil iemand uiting gee aan sij siel, en gebeur dit nie deur middel van sij moedertaal nie, dan staan sodanige taalvorm tussen hom en die uitdrukking van sij diepste wTese. Vanself dus wil ons sóre dat ons taal in ieder opsig tot sij reg kom; dat dit die draer word van ons kultuur. Vandaar dat ons in die eerste plaas ons oog rig op die onderwijs. Die eerste en voornaamste kenmerk immers van ’n gesonde ondenvijsstelsel is dit, dat daar voorsien word in die nasionale behoeftes van die volk. Die weg wat ons moet inslaan sien ons duidelik lê. Prinsipiële besware is daár nie; praktiese wel, veral ten opsigte van die ondenvijs. Maar hierdie besware is niks meer als wat ’n mens in ’n owergangstijdperk noodwendig moet verwag nie. Laat ons net onthou, veral diegene wat so geneig is om te kritiseer, dat ons werklik in ’n owergangstijdperk lewe. Wat die juiste verhouding—nie van ’n wetenskaplike standpunt nie, maar in die praktiese lewe—van Hooghollands tot Afrikaans in die later toekoms sal wees, is onmoontlik om presies aan te duie. Maar een feit is bo alle twijfel verhewe, en dit is dat Hollands en Afrikaans, hoewel twee selfstandige tale, nie teenoor mekaar staan, soos sommige dit voorstel nie. Inteendeel, die twee tale vul mekaar aan. Afrikaans sluit Hollands grotendeels in; Hollands is die onmisbare bron waaruit Afrikaans moet put, oral waar voorlopig nie deur eie taalmiddels in die behoeftes kan voorsien word nie