AD Destinatum
Permanent URI for this collectionhttp://hdl.handle.net/2263/80891
Browse
Recent Submissions
Now showing 1 - 6 of 6
Item AD Destinatum VI 2009 - 2018 : Tracing developments in the history of the University of Pretoria(University of Pretoria, 2023) Griesel, Hanlie; Ogude, JamesThe period that framed this sixth volume in the Ad Destinatum series was marked by several significant events and developments, among which was the appointment of the Prof Cheryl de la Rey, the 12th Vice-Chancellor and Principal of the University of Pretoria. The purpose of each volume in the series is to serve as a reference resource of a specific time period, and over time, to capture the unique circumstances that have shaped the University’s identity and academic project. In this volume, we set out to trace and reconstruct major institutional developments during the period, 2009 to 2018, which coincided with the development of the University’s long-term strategy, UP 2025. Three themes tie together the six chapters: leadership and the dynamic nature of change; the University’s time-place situatedness, simultaneously in Africa and in a global 21st century knowledge world; and thirdly, the need continually to recalibrate and realign strategies in order for intentional change to become embedded.Item AD Destinatum 1983-1992(University of Pretoria, 1996) Bergh, Johannes Stephanus; Ferreira, O.J.O.; Pretorius, F.; Grobler, J.E.H.; Stals, W.A.Die tydperk 1983-1992 was in vele opsigte hetekenisvolle jare in die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit bet in die tydperk voor groot uitdagings te staan gekom wat alleen in geleenthede omskep kon word deur ingrypende aanpassings in die bestuurstelsel te maak en berstrukturering op 'n groot aantal terreine teweeg te bring. Dit is dus gepas dat die geheurtenisse en tendense van hierdie tydperk in die publikasie Ad Destinatum III te hoek gestel word. Gelyklopend met bierdie helangrike fase in die Universiteit se geskiedenis was die opwindende polities-staatkundige veranderinge in Suid-Afrika. Verwikkelinge op die kampus bet uit die aard van die saak nie los daarvan gestaan nie. Selfs van nog meer regstreekse belang vir die Universiteit as die staatkundige veranderinge, was die belangrike heleidsformulering en -toepassing wat in die jare tagtig ten opsigte van die Suid-Afrikaanse universiteitswese as geheel plaasgevind het. Die Universiteit van Pretoria bet deeglik hiervan kennis geneem en bet ook by wyse van individuele lede van die Rektoraat prominente insette gelewer. Een van die knelpunte wat in die tyd hlootgele is, was die toenemende finansiele druk wat Suid-Afrikaanse universiteite ervaar het. Die Universiteit kon egter, wat dit betref, met vindingryke finansiele heplanning en hestuur die nadelige uitwerking daarvan in 'n groot mate beperk. Aansluitend hierby het die Universiteit in die tyd ook 'n nuwe bestuursmodel geimplementeer met onder meer 'n gedesentraliseerde gesaghestuurstelsel en behoorlik geformuleerde doelstellings, missies en strategieë. Dit het die infrastruktuur en ruimte geskep vir dinamiese beplanning en gladde funksionering. Die Universiteit het in die tydperk 1983- 1992 skouspelagtige groei ten opsigte van studentegetalle beleef - van 16 854 tot 23 375. Dit het egter ook nuwe uitdagings meegebring. Voldoende fisiese fasiliteite moes byvoorbeeld geskep word. Daaraan is voldoen met verskeie omvangryke en kleiner bouprojekte en ander verbeteringe. Die uitbreiding van die Universiteit se onderrigaktiwiteite na Withank in hierdie tyd verdien in hierdie verband ook vermelding. Met die totstandkoming van die satellietkampus te Witbank het kontakuniversiteitsonderrig toeganklik geword vir baie Oos-Transvaalse studente wat andersins nie die geleentheid daartoe sou gehad het nie. 'n Eiesoortige na-uurse onderrigmodel is hier ontwikkel wat ook 'n groot invloed op die onderrigmodel op die Hootkampus uitgeoefen het. Hierdie tydperk in die Universiteit se geskiedenis sal beslis verder onthou word vanwee besondere akademiese prestasies deur dosente en studente. Die Universiteitse navorsingsaktiwiteite het vinnig uitgebrei en die navorsingsuitsette het vinnig toegeneem. Dit het dikwels internasionale erkenning geniet. Uitstaande hoogtepunte is ook op die terrein van sport en ten opsigte van breer kultuuraangeleenthede behaal. Veral met die persoonlike belangstelling en aanmoediging van die vorige Rektor, prof. D.M. Joubert, het kunsuitstallings en -versamelings aan die Universiteit 'n bloeitydperk beleef. Die Universiteit kyk met groot waardering terug na 'n dekade waarin moeilike uitdagings met groot sukses aangepak is en uitnemende bydraes en prestasies op verskillende terreine gelewer is. 'n Stewige grondslag is gele vir selfs nog hoer hoogtepunte in die nuwe dekade.Item AD Destinatum 1993-2000(University of Pretoria, 2002) Van der Watt, FlipAD DESTINATUM IV 1993-2000, as vierde deel van die omvattende geskiedenis van die Universiteit van Pretoria, gee op 'n saaklike en kroniekagtige wyse die velerlei en diverse ontwikkelinge en aktiwiteite van die inrigting weer. Dit is 'n verhaal van beleidsformuleringe, innoverende aksies, akademiese herbesinning en vernuwing. Saam met die land waarin dit gelee is, het die Universiteit die politieke brug in 1994 suksesvol oorgesteek en saam met die nuwe demokrasie sy eie akademiese-, sosiale- en kultuurveranderinge, transformasie en herposisionering met ywer en oortuiging aangepak. Die ingrypende staatkundige ontwikkeling van die laaste dekade van die 20ste eeu het groot veranderinge teweeggebring in die wyse waarop Suid-Afrika geregeer en gereguleer word. Suid Afrikaners het 'n nuwe Grondwet en Handves van Menseregte geskryf. Die grondwetlike veranderinge het 'n groot effek gehad op alle tersiere instellings in Suid Afrika, insluitende die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit het doelbewus daarna gestreef om die land en al sy inwoners te dien en toe te rus vir dft wat die toekoms mag bring. Die kenmerkende universiteitstake van onderrig, navorsing, opvoeding en gemeenskapsdiens moes in hierdie transformerende proses 'n nuwe betekenis kry. In sy akkommoderende benadering en meegaande herstrukturering het die tradisionele Afrikaanse karakter van die inrigting plek gemaak vir 'n Suid-Afrikaanse universiteitsgemeenskap wat elke vorm van diskriminasie op grond van kleur, taal, geslag en godsdiens ongedaan maak. In kort, 'n Universiteit waar alle Suid-Afrikaners werklik tuis kan wees. Dit is nie net op die plaaslike vlak wat die politieke transformasie 'n effek gehad het nie. Die veranderde en gunstige posisie van Suid-Afrika binne die internasionale gemeenskap het gelei tot 'n normalisering van Suid-Afrikaanse universiteite se deelname aan die internasionale akademiese diskoers. Dit is dus te verstane dat die Universiteit in hierdie tyd gepoog het om in alles wat hy aanpak twee dinge te vermag, naamlik om internasionaal mededingend te wees maar terselfdertyd plaaslik relevant te bly. Die wyse waarop die Universiteit gepoog het om hierdie ideaal te verwerklik kan gevind word in 'n aantal beleidsdokumente soos 'n Raamwerk vir Strategiese Beplanning 1993-1997, Audit Portfolio 1997, Op pad na die Nuwe Millennium 1998-2001 en die Orie Jaar Rollende Plan 2000-2002. 'n Mens kan nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat die jare 1993-2000 goeie jare vir die Universiteit van Pretoria was nie. Aan die einde van 2001 word die Universiteit van Pretoria gereken as een van die land se voorste en mees uitnemende universiteite met 'n besonderse internasionale aansien. Dit word 'n Universiteit van keuse vir Suid-Afrikaners van alle rasse. Ek wil namens die Universiteit my dank en waardering betuig teenoor almal wat 'n bydrae gelewer het om hierdie publikasie moontlik te maak. 'n Woord van besondere dank teenoor prof P B van der Watt wat as eindredakteur opgetree het. Prof Calie Pistorius Visekanselier en Rektor 10 Februarie 2002Item AD Destinatum 1960 – 1982(University of Pretoria, 1987) Du T Spies, F.J.; Heydenrych, D.H.In 1960, vyftig jaar na die inwerkingtreding van Wet No. 1 van 1910, het UP se eerste formele geskiedskrif verskyn: onder die titel AD DESTINATUM. Die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria is selfs verder teruggevoer as die totstandkoming op 11 Februarie 1908 van die Pretoriatak van ans voorganger, die Transvaalse Universiteitskollege. Want onder meer is in herinnering geroep die verskeie pogings in die tyd van presidente T.F. Burgers en S.J.P. Kruger om tersiere onderwys in die toentertydse Zuid-Afrikaansche Republiek gevestig te kry. Ook is die aanloop tot die voormelde wetgewing breedvoerig behandel, wat gelei het tot 'n omvattende en tegelyk gesaghebbende werk wat steeds hoe aansien geniet het en vir menige persoon binne universiteitsgeledere 'n onmisbare bran van inligting is. Tydens 'n vergadering van die destydse Finansies- en Eiendomskomitee, gehou op 24 Augustus 1972, is daar gevra "of die tyd nie aangebreek het dat aandag gegee word aan die geskiedskrywing van die Universiteit vir die tydperk na 1960 nie"; die gevolglike aanbeveling is deur die Raad op 15 September 1972 goedgekeur, met 1975 as afsnydatum. Dit het meegebring dat 'n pos van navorsingsbeampte vanaf 1 Januarie 1976 geskep is, met mnr. Gerrit Pool, tevore lektor in Geskiedenis aan Unisa, as die bekleer. Uit 'n verslag van die hoof van die Departement Geskiedenis, gedateer 29 November 1979, blyk 'n verwagting dat die publikasie in 1980 gereed sou wees-om saam te val met die beplande halfeeufeesviering van die Universiteit van Pretoria. Mnr. Pool beeindig egter sy diens voordat die werk afgehandel is en. daar word dus voorgestel dat die projek ook die vyftigjaarherdenking van Afrikaanswording in 1982 sou insluit. Met hierdie nuwe mikpunt voor oe is die taak aan prof. A.N. Pelzer opgedra, met 'n aanstelling vanaf 1 Januarie 1981, nadat hy pas tevore die tuig as Vise-rektor neergelê het. Prof. Pelzer het die taak met kenmerkende geesdrif en ywer aangepak in terme van 'n opdrag om die werk binne 'n redelike tydsverloop te voltooi. Hoewel sy benadering enigsins verskil het van die van mnr. Pool, het vordering spoedig duidelik geblyk uit sy periodieke verslagdoening aan die Rektor. Onverwags is professor Pelzer op 16 Oktober 1981 oorlede en kom die projek andermaal tot stilstand. Om verdere vertragings of toevallighede te voorkom, is daar vervolgens twee aanstellings gemaak: eers prof. F.J. du T. Spies, voormalige hoogleraar Ill Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, op 1 Januarie 1982, en vier maande later, op 1 April 1982, dr. D.H. Heydenrych, van die Departement Geskiedenis wat as senior navorsingsbeampte aangestel is met die voltooiing van AD DESTINATUM II as primêre opdrag. Aan die twee here is ons dan ook die finale afhandeling van die taak, wat sedertdien een van enorme omvang geword het, te danke. Trouens, gedagtig aan die uitgestrekte en selfs traumatiese verloop van gebeure vandat die saadjie in 1972 geplant is, is baie besondere waardering aan hulle verskuldig: vir volgehoue entoesiasme en buitengewone toewyding! Met dankbaarheid, voorts, word gedink aan wyle prof. E.M. Hamman tydens wie se rektorskap die projek van stapel gestuur is, en aan prof. C.H. Rautenbach, Emeritus-rektor, met wie insiggewende gesprekke gevoer is. En dan besondere dank aan die volgende persone en instansies wat deurlopend behulpsaam was: Mej. M.H.A. Pretorius, hoof van die liasseerafdeling van die Universiteit en haar personeel, vir deurlopende opspoor van bronne. Al die tiksters wat oor 'n aantal jare gehelp het met die tik van die manuskrip, veral mev. J.C. du Randt, wat grootliks verantwoordelik was vir die finale tikwerk. Die Buro vir Openbare Betrekkinge vir die uitsoek van illustrasiemateriaal, meer in besonder mnr. J.J.H. Victor en sy personeel. Die personeel van Inligtingsdienste vir die opspoor van statistiek en die teken van grafieke, by name mnr. J.D.R. Brits, hoof van die afdeling, en mev. E.M. van Wyk. Die sentrale administrasie van die Universiteit wat die skrywers dikwels van advies bedien het oor die opspoor van inligting, veral mnre. J.W.J. Koekemoer, J.C. Coetzer en H.L. Potgieter. Die onderskeie registrateurs vir aanmoediging en telkens ook praktiese hulp. Prof. L.C. Eksteen wat die taalversorging van die manuskrip op kenmerkend deeglike en tegelyk entoesiastiese wyse behartig het. Die verskyning van AD DESTINATUM II, danksy die entoesiasme enersyds en ywer andersyds van baie welwillende mense, is nie net die bereiking van 'n nuwe mylpaal nie: inderdaad lui dit 'n nuwe era binne-wat sal lei, hopelik, tot 'n derde nommer in ons reeks van huishoudelike geskiedskrifte. Wat hier te boek gestel is, gaan gewis minstens dieselfde rol, indien nie 'n veel grater een nie, vervul in orls strewe om die verlede in herinnering te roep onderwyl ons op pad is na 'n selfs roemryker toekoms!Item AD Destinatum 1910-1960(University of Pretoria, 1960) Rautenbach, C.H.; Engelbrecht, S.P.; Pelzer, A.N.; Du T. Spies, F.J.; de Kock, W.J.; Cilliers, C.H.; Kritzinger, M.S.B.; Fourie, J.Op 17 Mei 1960 sal die Universiteit van Pretoria die vyftigste verjaarsdag gedenk van die inwerkingtreding van Wet no. I van 1910. Deur hierdie wet het die Transvaalse Parlement op die vooraand van die verwesenliking van die Unie van Suid-Afrika die Transvaalse Universiteitskollege, 'n korporasie met ewigdurende opvolging, in Pretoria tot stand gebring. ln werklikheid is daarmee 'n tweede fase ingelui, want sedert 11 Februarie 1908 het in Pretoria 'n vertakking van die destydse Transvaalse Universiteitskollege wat ook die inrigting vir hoer onderwys in Johannesburg ingesluit het, gefunksioneer. Hoewel Wet no. I van 1910 aan die Transvaalse Universiteitskollege 'n afsonderlike bestaan in Pretoria verseker het, was die jong inrigting nie volkome selfstandig nie, omdat dit, net soos ander dergelike inrigtings in Suid-Afrika, nog grootliks onderworpe aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop gelaat is. In 1918, met die inwerkingtreding van Wet no. 12 van 1916, is groter selfstandigheid moontlik gemaak, toe die T.U.K. saam met antler universiteitskolleges ingelyf is in 'n Federale Universiteit bekend as die Universiteit van Suid-Afrika. Volkome selfstandigheid is eers op 10 Oktober 1930 verkry, toe die Transvaalse Universiteitskollege die Universiteit van Pretoria geword het. Op 13 September 1932 is deur amptelike besluit die Universiteit meer bepaaldelik in diens van die Afrikaanssprekendes gestel. Wat die leser hier aangebied word, is 'n relaas van die T.U.K. en van die Universiteit van Pretoria oor 'n bewoe halfeeu heen. Gedurende die tyd het die inrigting in belangrike opsigte nie alleen van voorkoms nie maar ook van karakter verander en het dit gegroei van 'n heel beskeie begin met 'n handjievol studente in 'n Pretoriase woning tot die grootste residensiele universiteit in die land. Omdat die wordingsgang van die Universiteit van Pretoria so intiem bepaal is deur landsgebeurtenisse sedert Unie, is die groei van die Universiteit in sekere sin ook 'n weerspieeling van die geskiedkundige groei van ons land. Dit is dus paslik dat in die vyftigste jaar van sy bestaan die Universiteit van Pretoria horn rekenskap sal gee van die pad waarlangs hy ontwikkel het en wat hom van 'n nederige begin gevoer het tot die trotse plek wat hy vandag in die akademiese lewe van Suid-Afrika inneem. Met regmatige trots word saam met duisende vriende, studente en oudstudente dankbaar gelet op steeds toenemende geleenthede wat die Universiteit gebied word om te dien en langs die weg in eie kring die vertroue te bevestig wat die hele Suid-Afrika in sy toekoms stel. Langs hierdie weg wil die Universiteit sy dank en waardering betuig teenoor almal wat op een of antler manier met die samestelling van die Gedenkboek behulpsaam was. Omdat die wordingsgang van die Universiteit, veral met betrekking tot die bedrywighede van sy studente, nie volledig in dokumente vasgele is nie, was die herinneringsbeelde van ouddosente, oudstudente en ander belangstellendes besonder waardevol. Ook die dekane, departementshoofde en lede van die administratiewe personeel het waardevolle hulp verleen. Insonderheid is die Universiteit dank verskuldig aan die komitee wat hierdie uitgawe voorberei het.Item AD Destinatum 2001-2009(University of Pretoria, 2019) Grey, Somarie V.No university is an island. Universities form an integral part of the country in which they are situated. Their functions include the obligation and important role they have to play in accepting the talented youth of the country as their students, and educating and preparing them to become responsible citizens who will, in time, develop into future leaders and take over the reins in running the country. Following the demise of apartheid in 1994, the reform of the country's national education system was activated in 2001. The University of Pretoria, like all other universities in the new South Africa, had to position itself within the new tertiary educational landscape. It is thus quite understandable that the period covered by this publication (2001 to 2009) was a historic and challenging time in the history of the University of Pretoria. After serious introspection and numerous discussions and debates between stakeholders on how the University was to position itself in the new South Africa, the bold decision was made to leave the "safe" and more inward-looking enclave (in which it had previously enjoyed a prominent leading role), and face up to the true challenges by transforming itself into a locally relevant, leading and internationally recognised South African university. Therefore, a new vision and mission were drafted and, once accepted by the relevant stakeholders, appropriate strategic plans were developed to guide Council and the Executive in ensuring that the University of Pretoria would be able to stand up and answer to the challenges with which it was confronted. I was appointed as Chancellor of the University of Pretoria in 2006 and was thus privileged to witness and participate in the course of action that UP had already decided to follow when I arrived. I wish to take this opportunity to also give due recognition to my predecessor, Prof C (Chris) Stals, for his guidance to the University as serving Chancellor from 2001 to 2006. The resolute way in which the University faced its challenges during the period under review was remarkable and made me proud to be part of this institution.