JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Die taalkunde-opleiding van die Afrikaansonderwyser op universiteit
Daar word betreklik algemeen beweer dat taalonderrig op skool in 'n swak toestand verkeer. Die Komitee van Universiteitshoofde beweer byvoorbeeld dat gematrikuleerdes nie in hul moedertaal kan kommunikeer nie en dat hulle hul gedagtes nie duidelik en logies op skrif kan stel nie (R.G.N.- verslag, p.2). Werkgewers en dosente aan tersieêre onderwysinrigtings kla oor dieselfde saak (vgl. bv. 148, par.5.4.4.1 van die R.G.N. se verslag oor Tale en Taalonderrig vir kollegedosente se menings), terwyl taalkundedosente byvoeg dat gematrikuleerdes se kennis van selfs elementêre taalkundige sake te kort skiet. Daarby het studente oor die algemeen 'n volkome negatiewe houding teenoor taalstudie.