JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Taaldidaktiek met besondere verwysing na skryfvaardighede in die sekondêre skoolfase
Dit is allerweë bekend dat die didaktiek die terrein van die onderrig ondersoek en beskryf en die taaldidaktiek die verbesondering daarvan is. Teen die agtergrond van die twee dissiplines is dit die doel van die referaat om 'n aspek van stelwerkonderrig uit te lig en te bespreek. Die doel is verder om deur die bespreking riglyne te verskaf vir die opleiding van Afrikaansonderwysers ten opsigte van stelwerk- of skryfonderrig. Die taaldidaktiek is 'n verbesondering van die didaktiek in die sin dat die taaldidaktiek die onderrig en wese van taal navors en volledig probeer beskryf. Die taaldidaktiese uitsprake ten opsigte van skryfwerkonderrig in die referaat het ook segwaarde vir skryfonderrig wat in en deur ander vakke aangebied word.