JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Rolspel as aanvullende onderwysmetode vir kreatiewe onderrig en leer van taalvaardighede
Probleme in verband met die skool se onderrig van Afrikaans as eerste taal is op 'n verantwoorde wyse in 'n memorandum ( Bylae A : Professionele komitee TOD 1987) uitgelig. In algemene opmerkings van onderwyskundiges oor die probleme is daar kommentaar in die dokument wat kan dien as motivering vir die onderhawige studie, ek haal aan: "Om die onderrig van Afrikaans weer op die regte spoor te bring, is dit nodig dat wegbeweeg moet word van stereotipe onderrigmetodes". Voorts word dit ook genoem dat onderwysers van Afrikaans aan bande gelê word deur die byna verpligte najaag van eksamenresultate. Gevolglik beperk die sg. "papegaaiwerk" die skeppende uitlewingsgeleenthede wat effektiewe taalonderrig kenmerk.