JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Sterkteperspektief op bemagtigende maatskaplike groepwerk met alkoholafhanklike bejaardes
In hierdie artikel word daar by die kenmerke van die sterkteperspektief asook die houdings en persepsies van maatskaplike werkers teenoor dié perspektief stilgestaan. In die teks word die agtergrond van die sterkteperspektief, die sterktes van alkoholafhanklike bejaardes, die rol van dié perspektief in geregistreerde behandelingsentra in Suid-Afrika asook die voor- en nadele van dié perspektief onder meer toegelig. Die doelwitte van hierdie artikel is (a) om deur middel van literatuurstudie en empiriese ondersoek die uitdagings, sterktes en behoeftes van alkoholafhanklike bejaardes te identifiseer waarop ’n maatskaplike groepwerk-bemagtigingsprogram gebaseer kan word, en (b) vas te stel oor watter kwaliteite die sterkteperspektief beskik ten einde die alkoholafhanklike bejaarde met maatskaplike groepwerkdienste te bemagtig.