JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Die aanloop 1909–1916
Na sporadiese bespreking en gedagtevorming oor die jare 1884−1908, begin die moontlikheid van ‘n eie opleiding van
predikante vir die Nederduitsch Hervormde Kerk vorm kry. Gebrekkige onderwysfasiliteite in die Zuid-Afrikaansche
Republiek, die Engelse Oorlog en die armoede van lidmate van die Kerk ná die oorlog strem die proses. Danksy veral die
figure A.D.W. Wolmarans, Jac van Belkun en H.C.M. Fourie kom daar uiteindelik koers.