JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Twee afdelings van een fakulteit 1934−1940 : Die Universiteit benoem op voordrag van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk vir dominee G.M. Pellisier
in die pos Godsdienswetenskap wat deur die bedanking van professor Macmillan vakant gelaat is. Dit word die begin van ‘n
ontwikkeling van twee feitlik selfstandige afdelings binne die Fakulteit Teologie. Die toetrede van H.P. Wolmarans as vierde
dosent vanweë die Nederduitsch Hervormde Kerk bring nuwe teologiese aksente. Die verhouding tussen die Nederduitsch
Hervormde Kerk en die Universiteit kry beslag in ‘n skriftelike kontrak. In 1937 word dit gevolg deur ‘n tweede kontrak
waarin die ruimte geskep word vir die bestaan van twee fakulteitsafdelings. Vanaf 1938 funksioneer die twee afdelings naas
mekaar met gelykluidende kontrakte. Hierdie kroniek volg dan verder die gang van Afdeling A, die afdeling beman deur ampsdraers van die
Nederduitsch Hervormde Kerk. Die benoeming as lektore van A. van Selms in 1938 en C.H. Rautenbach in 1939 verhoog die akademiese
kwaliteit van die afdeling verder.