JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Interne spanning en stryd 1941−1953 : Rondom die opvolging van J.H.J.A. Greyvenstein ontstaan ernstige verskil. Pogings om hom te kontinueer na bereiking van
die aftree-leeftyd, slaag nie. Die benoeming van ‘n opvolger in die persoon van A.S. Geyser geskied onder spanningsvolle
omstandighede. Pogings om doktor W. Nicol, moderator van die Nederduitsch Hervormende of Gereformeerde Kerk, as
rektor te benoem, word uit die Hervormde Kerk teengestaan en uiteindelik deur die Minister van Onderwys geveto. ‘n Vyfde
leerstoel word in die Fakulteit Teologie gevestig, naamlik Dogmatiek en Christelike Etiek. Professor B.J. Engelbrecht word
in die leerstoel benoem.