JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Voorwoord deur die voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Die outeur, professor J.P. Oberholzer, kies om
sy oorsig oor die honderdjarige bestaan van
die Kuratorium vir Teologiese opleiding as ‘n
kroniek te bestempel. ‘n Kroniek is ‘n verhaal van
gedenkwaardige gebeurtenisse wat chronologies
gerangskik word (vergelyk die Verklarende
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). In
hierdie kroniek is die belangrike gebeurtenisse
in die verloop van honderd jaar inderdaad aan
die hand van notules en dokumente noukeurig
nagevors en chronologies neergepen.