JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Sedert die vroegste tye neem diere 'n belangrike plek in die
letterkunde in. 'n Mens dink dadelik aan die klassieke Fabels
van die Griek Esopus, wat vermoedelik in die sesde eeu v.C.
as slaaf op die eiland Samos aan die kus van Turkye geleef
het. Daar word aanvaar dat die oudste optekening van Esopus
se Fabels waarskynlik in 300 v.C. deur Demetrius van
Phalermon onderneem is (Magill, 1982: 602). Ten spyte van
die feit dat hulle aan Esopus toegedig word, kan die inhoud
van sekere dierefabels egter "tot by vroee Indiese vertellers of
selfs tot by die Egiptiese digters van die veertiende eeu voor
Christus" teruggevoer word (Magill, 1982: 603).