JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
A contractual perspective on the strict liability principle in the World Anti-Doping Code
Die beginsel van strenge aanspreeklikheid in die World Anti-doping Code bepaal dat indien die atleet se bloed of urinemonster 'n positiewe resultaat vir verbode middels toon, die atleet outomaties skuldig is aan 'n oortreding ingevolge die kode. Die skuldigbevinding staan ongeag of die atleet op 'n skuldige of onskludige wyse gehandel het. Die afwesigheid van skuld sal slegs 'n rol speel by die bepaling van die sanksie wat die atleet ontvang. Hierdie beginsel is direk uit die privaatreg oorgeplant om toepassing te vind in dissiplinêre verhore wat handel oor die gebruik van verbode middels in sport. Sommige skrywers meen dat privaatregtelike beginsels nie 'n plek in dié soort tugverhore behoort te hê nie. Hulle verloor egter uit die oog dat die verhouding tussen atleet en sportligaam 'n kontraktuele verhouding is en dat die atleet kontraktueel gebonde is om nie in stryd met die kode te handel nie. Dus, indien die atleet 'n bepaling van die kode oortree, stel dit kontrakbreuk daar in die vorm van positiewe wanprestasie. In die geval van positiewe wanprestasie is dit nie nodig vir die eiser om te bewys dat die verweerder skuld gehad het toe kontrakbreuk plaasgevind het nie. Geen verontskuldiging kan die kontrakbreuk tot niet maak nie. Die afwesigheid van skuld, al dan nie, speel slegs 'n rol by die bepaling van die mate waartoe die verweerder aanspreeklik gehou kan word. Daarom word aangevoer dat die beginsel van strenge aanspreeklikheid in tugverhore rakende die gebruik van verbode middels deur atlete slegs 'n toepassing is van die algemene beginsels van die kontraktereg.
Description:
This article is based on a paper presented at a Sports Law Colloquium
organised by the South African Institute for Drug-Free Sport in
Bloemfontein on 2012-05-10.