JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
'N Ondersoek na skoolgebaseerde onderwysersopleiding in die Zoeloelandstreek van Kwazulu-Natal
Konvensionele onderwysersopleidingsmodelle voorsien te min toetreders tot die onderwysprofessie en daar word beweer dat baie van die onderwysers in die onderwyssisteem nie van die kwaliteit is wat verlang word nie.
Voltydse skoolgebaseerde onderwysersopleiding, as alternatief vir residensiële onderwysersopleiding, kan moontlik hierdie gaping vul, maar daar is baie vrae rakende die skoolgebaseerde onderwysersopleidingsmodel ten opsigte van die kwaliteit, effektiwiteit en bestuursaspekte daarvan.
Die doel van hierdie studie is om ’n ondersoek te doen na die ervaringe en belewenisse van spesifieke betrokkenes by skoolgebaseerde onderwysersopleiding in die Zoeloelandstreek van KwaZulu-Natal.
Deur gebruik te maak van die narratiewe navorsingsontwerp, word data ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude en reflektiewe joernaalinskrywings.
In hierdie studie word bevind dat skoolgebaseerde onderwysersopleiding as alternatief vir residensiële onderwysersopleiding nie sonder uitdagings is nie, maar dat dit moontlik ’n bydrae kan lewer om die onderwyserstekort in die Zoeloelandstreek van KwaZulu-Natal, die hoof te bied. Dit bied ook aan potensiële onderwysers in die plattelandse gebiede, wat nie residensiële onderwysersopleiding kan bekostig nie, die geleentheid om deur middel van praktiese onderwysersopleiding as onderwysers te kwalifiseer.
Produktiwiteit, kennis en vaardighede van alle betrokkenes by skoolgebaseerde onderwysersopleiding word verhoog en dit bied ’n hoër opbrengs op die belegging wat die skool in sy menslike kapitaal maak.