Abstract:
Fringe benefits have resulted in regular debates and misinterpretations in the modern world over the past 30 years, specifically regarding the valuation and collection of the taxes on fringe benefits. In South Africa, this has been emphasised by the recent amendment to paragraph 3(2) of the Seventh Schedule of the Income Tax Act No. 58 of 1962, which now allows the Commissioner of Inland Revenue to issue a single assessment on employers, as opposed to issuing individual assessments upon all affected employees. The South African income tax system cannot afford to ignore the importance of the correct valuation and collection of the taxes on fringe benefits. From the countries reviewed in this study, it was found that different methods for taxing fringe benefits have been applied. In South-Africa, India, Israel, Canada en Egypt, the value of the fringe benefits tax is included in the individual’s taxable income. However, the method of taxing these benefits differ somewhat. Israel inflicts a surrogate tax on the benefits by denying employers a deduction for the cost of providing the benefits, whilst South-Africa, India (before the abolishment of fringe benefits tax in 2009), Canada and Egypt impose a separate fringe benefits tax on the employer. A number of key factors should be considered to determine the most appropriate method of valuing and collecting the taxes on fringe benefits. In the research it is concluded that the treatment of the valuation and collection of the taxes on fringe benefits in South Africa are comparable to those in the countries under review. South Africa currently collects the tax on fringe benefits from the employer. AFRIKAANS : Byvoordele het die afgelope 30 jaar gereelde debatte en misverstande in die moderne wêreld veroorsaak, met spesifieke verwysing na die waardasie en invordering van die belasting op byvoordele. Hierdie stelling word in Suid-Afrika beklemtoon deur die onlangse wysiging van paragraaf 3(2) van die Sewende Bylae van die Wet op Inkomstebelasting No. 58 van 1962, wat die Kommissaris van Binnelandse Inkomste nou toelaat om ’n enkele aanslag aan werkgewers uit te reik, in teenstelling met die uitreik van individuele aanslae teen die geaffekteerde werknemers. Die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingstelsel kan nie bekostig om die waarde van die korrekte waardasie en invordering van die belasting op byvoordele te ignoreer nie. By die lande onder oorsig is daar gevind dat verskillende metodes toegepas word ten einde byvoordele te belas. In Suid-Afrika, Indië, Israel, Kanada en Egipte word die waarde van die byvoordele in die individu se belasbare inkomste ingesluit. Die metodes om die voordele te belas, verskil egter. Israel gebruik die metode van ’n surrogaatbelasting deur die koste wat die werkgewer met betrekking tot die voordeel as ’n aftrekking aangegeaan het, te weier. Suid-Afrika, Indië (voor die afskaffing van belasting op byvoordele in 2009), Kanada en Egipte hef weer ’n afsonderlike belasting op die werkgewer. ’n Aantal sleutelfaktore moet in ag geneem word ten einde die mees toepaslike metode vir die waardasie en invordering van die belasting op byvoordele vas te stel. Die gevolgtreking uit hierdie navorsing is dat die hantering van die waardasie en invordering van die belasting op byvoordele in Suid-Afrika soortgelyk aan die van die lande onder oorsig is. Suid-Afrika vorder tans die belasting op die byvoordele vanaf die werkgewer.