An analysis of the planning and implementation of the training of equality court personnel relating to the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 of 2000 : Part 3 & 4
JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
An analysis of the planning and implementation of the training of equality court personnel relating to the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 of 2000 : Part 3 & 4
Hierdie artikel, in vier dele, fokus op een voorgestelde kenmerk van doeltreffende
wetgewing; dat die afdwingingsmeganisme moet bestaan uit gespesialiseerde
liggame en dat die voorsittende beamptes van hierdie liggame opleiding
moet ontvang om spesialiskennis te verwerf. Die onderliggende tema van hierdie
artikel is die (huidige) onvermoë van die Suid-Afrikaanse staat om hierdie
kenmerk van effektiewe wetgewing te realiseer. Ek beskou die konsep “Staatsonvermoë”
vanuit die hoek van die opleidingsprojek van die Department Justisie
om voorsittende beamptes op te lei in terme van die Wet op die Bevordering
van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000.
Ek leen beginsels uit die dissipline van Publieke Administrasie en stel ’n raamwerk
daar waarteen hierdie opleidingsprojek gemeet word. Ek ontleed dan in
watter mate die projek in sy doel geslaag het. Ek verskaf ’n gedetailleerde kronologiese
bespreking van die problematiese aspekte van die projek, wat insluit
’n ooroptimistiese besigheidsplan, ondoeltreffende monitering van vordering op
die projek, bestuursinersie, oormatige sensitiwiteit tot sommige belanghebbers
se vrese; en onvoldoende finansiële steun.