JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Teologiekroniek : 'n kollega bekroon met die Andrew Murray-prys
Groot was die nuus in die Fakulteit Teologie (Afd B) van die NG Kerk toe dit bekend geword het dat prof C. J. A. (Cas) Vos die 1999 Andrew Murrayprys vir teologiese vakliteratuur ontvang het. Die prys wat vanjaar vir die twintigste keer toegeken is, is die grootste prys in Afrikaans vir publikasies van die aard. By 'n dinee op Dinsdagaand 4 Mei 1999 in 'n restaurant by die Staatsteater in Pretoria is die prys aan professor Vos oorhandig. Naas 'n erepenning en 'n oorkonde is 'n kontantbedrag van RIO 000-00 ook aan hom oorhandig. By hierdie glansgeleentheid is 'n Commendatio deur een van die beoordelaars vir die prys, professor J W (Hoftie) Hofmeyr uitgespreek. Dit word in sy geheel hier opgeneem.