The researcher's liability for HIV-related clinical research without the participant's informed consent : South Africa's common law, case law and legislation
JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
The researcher's liability for HIV-related clinical research without the participant's informed consent : South Africa's common law, case law and legislation
Verskillende kliniese proewe word tans in Suid-Afrika onderneem om middels en
strategieë vir die voorkoming van MIV-besmetting te ontwikkel. Hierdie artikel
ondersoek die aanspreeklikheid van die navorser wat MIV-verwante kliniese proewe
onderneem sonder die deelnemer se ingeligte toestemming aan die hand van die
gemenereg, regspraak en wetgewing. In die besonder word navorser-aanspreeklikheid
tydens voorkomende of nie-terapeutiese MIV-verwante kliniese proewe ondersoek.
Alhoewel ingeligte toestemming tot deelname aan kliniese proewe in artikel 12(2)(c) van
die Suid-Afrikaanse Grondwet vervat word, is die omvang van hierdie bespreking beperk
tot die Suid-Afrikaanse gemenereg, regspraak en wetgewing, aangesien ’n latere artikel
grondwetlike aspekte aanspreek. ’n Oorsig van die juridiese basis van ingeligte
toestemming in die Suid-Afrikaanse reg word weergegee asook die regsgevolge van ’n
navorsingsingreep sonder die ingeligte toestemming van die deelnemer.