Using laptops in prisoners' cells : failing to distinguish between differentiation and discrimination, and failing to identify a prohibited ground of discrimination - Pretorius v the Minister of Justice and Correctional Services 2018 2 SACR 501 (GP)
JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Using laptops in prisoners' cells : failing to distinguish between differentiation and discrimination, and failing to identify a prohibited ground of discrimination - Pretorius v the Minister of Justice and Correctional Services 2018 2 SACR 501 (GP)
Suid-Afrikaanse diskriminasiereg onderskei duidelik tussen blote differensiasie en diskriminasie. Blote differensiasie is meestal aanvaarbaar en howe stel 'n baie laer drempel daar vir differensiasie om grondwetlik te wees - rasionaliteit. Die Gelykheidswet 4 van
2000 spreek nie eers blote differensiasie aan nie. In Pretorius v The Minister of Justice
and Correctional Services 2018 2 SACR 501 (GP) moes die hof duidelik aangetoon het
tussen watter groepe gevangenes, en op watter verbode grond(e), gediskrimineer word.
Die hof moes die twee toetse duidelik in gedagte gehou het - rasionaliteit vir
differensiasie, en onbillikheid vir diskriminasie. Wat die hof in hierdie uitspraak moes
gedoen het, was om duidelik uiteen te sit (a) wat die doel is van die relevante tronkregulasies; (b) die regverdigbaarheid van hierdie doel; (c) die verband tussen die differensiasie tussen lae-risiko gevangenes en hoe-risiko gevangenes, en die doel van die
regulasies; en (d) of hierdie verband rasioneel is. Die hof het elkeen van hierdie stappe as
vanselfsprekend aanvaar en in die proses onnodig met die regskonsep "diskriminasie"
geworstel. Die dispuut moes eerder in terme van rasionaliteit en die Grondwet opgelos
gewees het, in plaas van diskriminasie en die Gelykheidswet.