JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades. We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Die reg om inligting te bekom is, uit die aard van die saak, onontbeerlik tot die
bevordering van 'n kultuur van deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Die howe het in
onlangse regspraak die geleentheid gehad om te beslis oor die reg op toegang tot die
inligting en rekords van maatskappye. Dit is interessant om die verskillende benaderings
van die onderskeie howe te ontleed betreffende, enersyds, die hoedanighede van die
applikante en, andersyds, die aard van die inligting versoek. Onlangse beslissings dui
onteenseglik op 'n beweging na transformerende konstitusionalisme en die beginsels van
subsidiariteit, eerder as 'n rigiede toepassing van die bepalings van spesifieke wetgewing.
In hierdie aantekening word die wetgewing wat die reg ten opsigte van toegang tot
maatskappyrekords en -inligting reguleer in die lig van onlangse regspraak, asook die
verskillende benaderings van die onderskeie howe, bespreek.