Groepe en pastorale sorg in 'n gemeentelike konteks : 'n narratiewe benadering

Show simple item record

dc.contributor.advisor Dreyer, Yolanda
dc.contributor.postgraduate Slabbert, Alisna
dc.date.accessioned 2023-08-29T12:24:35Z
dc.date.available 2023-08-29T12:24:35Z
dc.date.created 2023-09-06
dc.date.issued 2022
dc.description Dissertation (MTh (Practical Theology))--University of Pretoria, 2022. en_US
dc.description.abstract Groepe vorm oral in die samelewing. Sommige word doelbewus gegenereer. Ander ontstaan spontaan. Die uitgangspunt van hierdie studie is dat kleingroepe ’n kardinale deel van gemeentes en geloofsgemeenskappe kan uitmaak en dat individue deur middel van die groepe die steun van ’n gemeenskap kan ervaar. Hierdie studie ondersoek hoe formele en informele groepe met behulp van die deel van narratiewe kan bydra tot die pastorale versorging van mense. Groepe en groepsdinkamika word onder andere ondersoek in die sosiale wetenskappe en sosiale psigologie. Die insigte en teorie van Donelson Forsyth (2014) ten opsigte van groepvorming word benut om aan te dui hoe formele en informele groepe vorm. David Johnson en Frank Johnson (2003) se beskrywing van groepe word ook vir die doel aangewend omdat dit spesifieke aspekte van groepvorming belig. Hierdie teorie fokus onder meer op die effektiwe funksionering van groepe asook die verskillende kommunkasienetwerke in groepe. Met behulp van hierdie teorieë toon die studie aan dat betrokkenheid by ’n ondersteuningsgroep kan bydra tot mense se welsyn. Pastorale sorg het ten doel om mense te begelei tot heling, genesing, heelheid en hoop. So word hulle bemagtig om aktief in die geloofsgemeenskap by te dra tot onderlinge sorg. Julian Müller (2000) se reisgeselskap-model word benut om aan te toon wat in formele groepe of een-tot-een pastorale sorg gesprekke plaasvind. Pastorale sorg is nie net die pastor se taak nie. Onderlinge sorg is die taak van die hele geloofsgemeenskap. Maria Maritnez (2018) se narratologiese model met die naam Storyworld Possible Selves word in die studie benut om die kompleksiteit van die betrokkenheid by ander se verhale te verduidelik. Formele en informele groepe is ’n onvermydelike deel van geloofsgemeenskappe en kerkwees. Met behulp van Charles Gerkin (1997) se pastoraatteorie word die verwagting van pastorale sorg ondersoek. Sy driedeling van ‘n gemeenskap van ondersoek, ‘n gemeenskap van onderlinge sorg en ‘n gemeenskap van gestuurdes is vir die werk van kleingroepe en onderlinge sorg in ’n gemeentelike konteks relevant. Mense kan pastoraal versorg word in formele en informele groepe ervaar. Hulle kan dit toepas in hulle eie lewe en positiewe verandering te weeg bring as hulle mekaar pastoraal versorg. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.degree MTh (Practical Theology) en_US
dc.description.department Practical Theology en_US
dc.identifier.citation * en_US
dc.identifier.doi Disclaimer Letter en_US
dc.identifier.other S2023
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/92104
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_US
dc.subject Pastorale sorg en_US
dc.subject Kleingroepe en_US
dc.subject Groepsdinamika en_US
dc.subject Pastorale berading en_US
dc.subject Groepspastoraat en_US
dc.subject Formele groepe en_US
dc.subject Kommunikasienetwerke en_US
dc.subject Lewensverhale en_US
dc.subject.other Theology theses SDG-03
dc.subject.other SDG-03: Good health and well-being
dc.title Groepe en pastorale sorg in 'n gemeentelike konteks : 'n narratiewe benadering en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record