Abstract:
Hierdie bydrae sluit aan by en brei uit op die artikel “Perspektief op die regsbeskerming
van kollektiwiteite” 2003 THRHR 67 ev. Daar word geargumenteer dat die tradisionele
liberale oortuiging as sou individuele regte genoegsame beskerming vir die belange van
kollektiwiteite soos taal- en kultuurgemeenskappe bied, ongegrond is. Selfs in die aanwesigheid
van ’n volledige katalogus van individuele regte bly daar steeds ’n beduidende
aantal regsbelange van ’n kollektiewe aard oor waarna nog nie omgesien word nie. Om
daardie rede word regsbeskerming van ’n besondere kollektiewe aard juis vereis. Die
tradisionele liberale argumente teen kollektiewe regsbeskerming (benewens individuele
regte), wat sigself soms as regswetenskaplik voordoen, word behandel en weerlê. Ofskoon
die argumente grootliks teoreties van aard is, word daar ten slotte spesifiek na die besondere
noodsaak vir kollektiewe regsbeskerming van minderhede binne hegemoniese
kontekste (soos Suid-Afrika) verwys. The state need not consist of a single people and could be a community of
communities, each enjoying different degrees of autonomy but all held together by
shared legal and political bonds – Bhikhu Parekh.