Abstract:
Die Hoogste Hof van Appel het op 29 November 2019 in die saak van Qwelane v SAHRC
& Others (686/2018) [2019] ZASCA 67 artikel 10 van die Wet op die Bevordering van
Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (PEPUDA) ongrondwetlik
verklaar, synde strydig met artikel 16, meer bepaald artikel 16(2)(c) van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die uitspraak spruit voort nit 'n artikel van
John Qwelane in die Sunday Sun van 20 Julie 2008, waarin hy skerp teen homoseksuele
mense te velde getrek het. Dele van Qwelane se artikel is in 'n laer hof as haatspraak
kragtens artikel 10 van PEPUDA besou. Di6 hof het in die saak ook Qwelane se aanval op
die grondwetlikheid van die artikel verwerp. In hoer beroep het die Hoogste Hof van
Appel hierdie uitspraak ter syde gestel en in 'n eenparige uitspraak beslis dat artikel 10
van PEPUDA teen artikel 16 van die Grondwet indruis, aangesien dit in etlike opsigte
uitdrukking verbied wat deur die Grondwet toegelaat word. Die Hof het die wetgewer
agtien maande gegun om regstellende wetgewing aan te neem. Tot tyd en wyl dit gebeur,
het die Hof 'n tussentydse bewoording gelas, wat finaal sal word indien die wetgewer
versuim om die vereiste verbeterde wetgewing aan te neem. Die uitspraak word verwelkom
vanweB die beperking wat artikel 10 van PEPUDA op die grondwetlike reg op
vrye uitdrukking meebring, veral teen die agtergrond van 'n groeiende tendens in Suid-
Afrika om juis vryheid van uitdrukking te verskraal, soos dit onder andere blyk nit die
huidige Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill. Dis te hope dat
die Grondwetlike Hof die Hoogste Hof van Appel se bevel sal bekragtig.