Abstract:
Artikel 127 van die National Credit Act 34 van 2005 maak voorsiening vir vrywillige
teruggawe van goedere wat behels dat ’n verbruiker eensydiglik kan besluit om eiendom
wat die onderwerp vorm van ’n afbetalingsooreenkoms, ’n huurooreenkoms of ’n versekerde
lening waarop die Wet van toepassing is, aan die kredietverskaffer terug te gee
met die versoek dat die ooreenkoms beëindig word. ’n Omvattende proses wat ten doel
het om die verbruiker te beskerm teen bepaalde misbruike word deur die Wet voorgeskryf
by sodanige vrywillige teruggawe. Die proses word ook deur die Wet van toepassing gemaak
op beslagleggingsbevele wat verky word ingevolge artikel 131 van die Wet. Hierdie
bydrae voer aan dat artikel 127 ’n uiters belangrike bepaling is gegewe die beskerming
wat dit aan die verbruiker bied. Ter ondersteuning van hierdie uitgangspunt ondersoek die
bydrae die toepassingsgebied van artikel 127 asook die mate van voldoening wat van die
kredietverskaffer geverg word en die sankies wat volg op nie-voldoening. Daar word ook
spesifiek ondersoek ingestel na die wyse waarop die kennisgewings in artikel 127(2) en
(5) aan die verbruiker gegee moet word ten einde behoorlike voldoening daar te stel.